IEMAND OM LIEF TE HÊ
  Bob Weber het by ‘n boer tuisgegaan en terwyl hulle op die voorstoep gesit het, het ‘n seun die koerant afgelewer. Hy het die boer se kennisgewingbord gesien en gevra hoeveel die hondjies kos wat die boer adverteer. Die prys was vyf en twintig dollar. Die seun was teleurgesteld. Tog het hy gevra om die hondjies te sien.
Die boer het gefluit en die hond met haar kleintjies het aangedraf gekom. Daar was die oulikste vier hondjies. Agter hulle het nog enetjie aangekom, stadig, met sy een beentjie slepend. “Wat makeer hierdie hondjie, oom?” het die seun gevra.
“Die hondjie is kreupel. Die X-straalfoto het getoon dat daar fout met die heupgewrig is. Daardie been sal nooit regkom nie.”
Tot die verbasing van albei mans, het die seun sy fiets neergesit, vyftig sent uitgehaal en aan die boer oorhandig. “Asseblief, oom. Ek sal elke week vyftig sent betaal totdat ek die 25 dollar afbetaal het. Regtig oom.”
Die boer het gewonder: “Maar seun, daardie hondjie sal nooit kan spring of hardloop nie. Hoekom wil jy so ‘n hulpelose hondjie hê?”
Die seun het ‘n rukkie geaarsel, toe sy een broekspyp opgetrek en ‘n been ontbloot wat met ‘n leerstut toegemaak was. Hy het geantwoord: “Oom, daardie hondjie het iemand nodig wat haar sal verstaan en sal liefhê en haar sal help!”
Daar is ‘n kreupel, hartseer wêreld daarbuite wat iemand nodig het. Daar is gebroke enkelinge wat iemand nodig het wat hulle sal verstaan, liefhê en help tot in die Koninkryk van God!
Oorgeneem

Indeks     Index