MY LIEWE KIND...
  Ek het aan jou lewe gegee, maar ek kan dit nie vir jou leef nie. Ek kan jou dinge leer, maar ek kan jou nie maak leer nie. Ek kan jou probeer rigting gee, maar ek is nie altyd daar om jou te lei nie. Ek kan jou vryheid bied, maar ek kan nie daarvoor verantwoording doen nie. Ek kan jou kerk toe neem, maar ek kan jou nie maak glo nie. Ek kan jou leer onderskei tussen reg en verkeerd, maar ek kan nie vir jou besluit nie. Ek kan vir jou mooi klere koop, maar ek kan jou nie van binne mooi maak nie. Ek kan jou raad gee, maar ek kan dit nie namens jou aanvaar nie. Ek kan jou liefde gee, maar ek kan dit nie op jou afdwing nie. Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees, maar ek kan jou nie onselfsugtig maak nie. Ek kan jou leer om respek te hê, maar ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie. Ek kan jou raad gee oor vriende, maar ek kan hulle nie vir jou kies nie. Ek kan jou leer omtrent seks, maar ek kan jou nie rein hou nie. Ek kan vir jou die feite van die lewe vertel, maar ek kan nie jou reputasie behou nie. Ek kan jou vertel van drank, maar ek kan nie namens jou néé sê nie. Ek kan jou waarsku teen dwelms, maar ek kan nie verhoed dat jy dit gebruik nie. Ek kan jou vertel van uitstaande prestasies, maar ek kan hulle nie vir jou bereik nie. Ek kan jou vertel van goedheid, maar ek kan jou nie forseer om genadig te wees nie. Ek kan jou waarsku omtrent sonde, maar ek kan nie jou standaarde vasstel nie. Ek het jou lief as my kind, maar ek kan jou nie God se kind maak nie. Ek kan jou leer van Jesus, maar ek kan Jesus nie jou Koning maak nie. Ek kan jou leer van die lewe, maar ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie. [Hierdie brief is deur Lola van Tonder, wat op 2 Julie 1988 oorlede is, geskryf. Dit is in haar laai gevind en was aan haar dogter in graad 12 gerig].

Indeks     Index