JY KAN NIKS VIR GOD WEGSTEEK NIE!
  Wat God sê, is nie maar net dooie woorde nie. Nee, wat Hy sê, gebeur en daar is geen keer aan nie. Sy woorde is ook nie oppervlakkig nie. Soos ‘n skerp mes diep kan sny, so sny wat God sê tot diep binne-in jou - ja, tot daar waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. Wat jy dink en hoe jy oor dinge voel, kom alles onder die soeklig van wat God sê. Jy sal nie kan wegkom nie. God weet alles wat in die wêreld aangaan. Net mooi niks kan vir Hom weg-gesteek word nie. Hy sien en weet alles asof dit voor Hom op ‘n tafel uitgepak is. So sal ons ook voor Hom moet staan en antwoorde gee oor wat in ons lewe aangaan (Heb. 4:12,13; Die Boodskap).

Indeks     Index