LIG IN DIE DUISTERNIS
  "HOEKOM VANAAND UITGAAN? Daar sal nie 'n siel wees nie." Die leraar bekyk die reën wat teen die venster swiep. Die stem in sy binneste klink heeltemal redelik. Dit is een van die stormagtigste nagte van die winter. Tog voel hy hy moet die aanddiens gaan waarneem. Hy trek sy reënjas aan, neem sy lantern en begeef hom in die swart nag. Die water verblind hom byna toe hy die storm trotseer.
Hy strompel voort tot hy sy kerk bereik, hoog op 'n heuwel langs die Skotse kus. Hy maak die deur oop, plaas sy lantern op 'n vensterbank en gaan sit en wag vir die gemeente - 'n gemeente wat nooit opdaag nie. Naderhand, oortuig dat hy alleen gaan wees, sing hy 'n gesang en kniel om te bid. Dan, plig gedaan, sluit hy die kerkdeur en strompel weer heuwel af.
"Was dit alles net 'n verkwisting van tyd?" wonder die leraar. Die volgende oggend hoor hy 'n aangrypende verhaal.
Die vorige aand toe die storm op sy kwaaiste was, sukkel 'n vissersboot om in die hawe te kom. Die skipper kan geen koers bepaal in die stikdonkerte nie totdat hy die liggie in die ou kerkgebou kon raaksien.
Sonder daardie lantern sou die skip op die rotse beland het. Met daardie ligstrale as baken, kon die boot veilig in die hawe gebring word.
Dit was 'n les vir die leraar. Toe weet hy, enige lig wat hy, of enige kind van God, in hierdie wêreld se duisternis kan werp, sal nooit tevergeefs wees nie.
[Vincent Edwards in These Times].

Indeks     Index