"HOU GOEIE MOED!"
  Rondgeslinger deur ‘n geweldige storm, vra die wanhopige kaptein van die Helen B Sterling die skip se radio-operateur om die internasionale noodsein uit te stuur. Honderde kilometers daarvandaan hoor die Australiese oorlogskip, die HMS Melbourne, die noodroep en verander koers teen volle spoed. Die storm woed net al hoe erger. Die vragskip kan enige oomblik sink. Die kaptein saai wanhopig uit: "Kan nie langer as nog 'n uur uithou nie! Vol water geloop! Golwe trek bo-oor ons! Ons kry die reddingsbote gereed, maar dis onmoontlik om in hierdie see te oorleef! Vaarwel!" Die Melbourne antwoord: "Hou goeie moed! Ons Skip
  gaan julle definitief bereik." En so gebeur dit ook! Net betyds daag die Melbourne op en red elke matroos van die sinkende skip.
Dikwels voel ons soos die kaptein van die gedoemde boot. Die moeilikhede slaan oor ons soos die golwe van die stormsee. Ons voel asof ons nie langer kan uithou nie! Dit is dan wanneer ons die sein hemelwaarts moet stuur: “Here, help!” Die antwoord sal ons begeester: “Hou goeie moed! Ek hoor en sal help!”
- Oorgeneem

Indeks     Index