SPURGEON SE HERE
  Een van die lede van Charles Haddon Spurgeon se kerk haal ‘n vriend oor om te kom luister na sy leraar. Spurgeon lewer ‘n manjifieke preek waarin hy Christus verhef. Die gas was vreemd stil toe hulle die kerk verlaat.
“Wat dink jy van Spurgeon?” vra die man wat die besoeker genooi het.
“O, ek dink nie aan Spurgeon nie.” kom die antwoord. “Ek is besig om te dink aan sy wonderlike Here.” [The King’s Business].

Indeks     Index