'N KIND IS VIR ONS GEBORE...
 
‘n SEUN is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer...

HIERIN is die liefde van God tot ons geopenbaar dat God Sy Eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat ons deur Hom kan lewe.

WANT TOE die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

EN DIE WOORD het vlees geword en het onder ons kom woon - en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid. HY HET na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

MAAR ALMAL wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo.

HY WAT in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die Eniggebore Seun van God nie.

EN DIT is die oordeel: dat die Lig in die wêreld gekom het, en die mense het die Duisternis liewer gehad as die Lig; want hulle werke was boos

(Die Skrif).

Indeks     Index