CHILD EVANGELISM FELLOWSHIP SOUTH AFRICA
  Goeie Nuus Klubs is ‘n geregistreerde bediening van Child Evangelism Fellowship. Dit is ‘n weeklikse byeenkoms waar die onbereikte kind met die goeie nuus van Jesus Christus bedien word. Duisende kinders regoor die wêreld het al tot geloof in Jesus Christus gekom deur Goeie Nuus Klubs. Child Evangelism Fellowship is al sedert 1947 in Suid-Afrika werksaam en werk tans in 154 lande regoor die wêreld.

By ‘n spesifieke skool wat in Potchefstroom bedien is, het van die groter kinders Jesus Christus aangeneem as hulle Saligmaker en Verlosser waarna die Heilige Gees hulle oortuig het van sonde. Sommige kinders het onder andere hulle maats se fietskettings gesteel en het aan die onderwysers kom bely en die kettings terugbesorg. Dit bevestig dat die Woord van God waar is. Joh. 16:8 sê dat die Heilige Gees die wêreld sal oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Daar het ‘n hele omwenteling in die skool begin plaasvind deurdat kinders tot redding gekom het.

Matteus 18:14 maak vir ons die Vaderhart bekend: “So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.” God wil kinders red van die bande van sonde. Hy het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun Jesus Christus gestuur het om vir ons sondes aan die kruis te sterf. Deur sy opstanding uit die dood is daar vir elkeen oorwinning oor sonde te verkry.

Daar is ook Goeie Nuus Klubs wat die vigswesies bedien. By een van hierdie Klubs was daar ‘n seuntjie wat glad nie gepraat het nie. Die toesighouers by een van die sentrums was baie besorg oor hom. Tydens ‘n Klubbyeenkoms wat daar gehou is wat oor die sondeval gehandel het, het die Here baie duidelik in hierdie kind se lewe gewerk. Tydens die hersieningspeletjie waar vrae gevra word om te kyk of die kinders verstaan, het hy ewe skielik opgespring en die vraag beantwoord. Die toesighouers het opgespring van vreugde omdat hy ewe skielik begin praat het. Wonderwerke gebeur vandag nog! Die grootste wonderwerk van almal is dat kinders gered word.

Child Evangelism Fellowship is ‘n geloofsending wat in samewerking met gelowiges van verskillende denominasies daarop ingestel is om kinders onder 14 jaar te bereik. Die rede hiervoor is dat 86% van almal wat Jesus Christus as Verlosser aanneem dit doen voor die ouderdom van 14 jaar. Tans is 35% van die totale bevolking van Suid-Afrika onder die ouderdom van 15 jaar. Dit sluit net oor die 14 miljoen kinders in. Jy kan help om hierdie kinders te bereik!

Hoe kan jy betrokke raak?
Ø Raak betrokke by die bereiking van kinders in jou woongebied.
Ø Word opgelei in effektiewe metodes van uitreik na kinders.
Ø Bid vir die bediening op ‘n gereelde basis.
Ø Ondersteun CEF finansieel.
Ø Word ‘n vrywillige of voltydse werker saam met CEF.

INDIEN U ENIGE NAVRAE HET KAN U GERUS VIR DS. DAVID VAN HEERDEN SKAKEL BY TEL. (018) 293 0860 OF BY
E-POS ADRES: vanheerden@ananzi.co.za

Indeks     Index