SORG DAT JESUS GESIEN WORD!
  Die kinders was besig om poppies te rangskik om Maria, Josef en die Christuskind in die stalletjie voor te stel. Hulle het twee lang kerse opgesteek en in verskillende plekke opgestel totdat die lig presies na hulle smaak reg geval het. Een kind het opgewonde uitgeroep: “Sorg dat Jesus gesien word!” Hoe mooi sou dit wees as ons daardie gedagte uit hierdie gelukkige seisoen in ons daaglikse lewens kon oordra. Maak seker dat Jesus gesien word! Soos kerse kan ons deur ons daaglikse handelinge die aandag op Jesus vestig en ons bure laat weet dat ons belydende sowel as dienende Christene is. ‘n Vriendelike glimlag, ‘n besoekie aan iemand wat gedurig in die huis moet bly, getuienis aan iemand wat die Heiland nie ken nie - dit is net ‘n paar maniere waarop ons die lig kan laat uitstraal wat deur die eeue tot ons gekom het. Waar elkeen van ons sy deel bydra om die wêreld met broederskap te verlig, kan ons seker maak dat Jesus gesien word!
- Oorgeneem


Skets deur Trevor MacDonald
Tel: (018) 290 6547

Indeks     Index