“BROOD VIR DIE SIEL” IN ARMENIË
 



Vir 40 jaar lank het Jacob Jambazian, TWR se Armeense programme wat weekliks 6.5 ure via AM en kortgolf uitgesaai word, geproduseer. Die nasionale uitsaaier, Radio Yerevan, bied ook sy 30 minute program twee keer per dag aan.
Aan die begin van verlede jaar kon slegs twee stede in Armenië die FM-sein ontvang. Jambazian en die Direkteur van Radio Yerevan het daarop besluit om 10 FM-senders strategies in Armenië op te rig en sodoende hierdie programme landwyd beskikbaar te stel.
Intussen het Armenië se Direkteur van Gevangenisse Jambazian gekontak nadat hy na een van die programme geluister het. Hy het voorgestel dat die programme na elke sel in gevangenisse in Armenië uitgesaai word. Jambazian, die Direkteur van Gevangenisse, en die Direkteur van Radio Yerevan het toe reëlings getref vir die installering van klanktoerusting in elke gevangenis. Nou kan elke gevangene daagliks na Jambazian se Evangelie-uitsending asook Radio Yerevan se programme luister! Die tegnici het ook matrasse, medisyne en mediese toerusting gebring. Ook graanmeulens sodat die bakkerye in die gevangenisse hulle eie meel kan maal. Die Direkteur van Radio Yerevan het die volgende op TV aangekondig: “Die graanmeulens sal brood voorsien vir die liggaam en die klanksisteem sal die Goeie Nuus bring en so brood vir die siel voorsien!” -TWR

Indeks     Index