‘N DRONKAARD HET EEN NAG WEER VOORTGESTROMPEL NA DIE KROEG...
Buite het dit swaar gesneeu, maar die dranklus het hom voortgedryf.
By die armoedige huisie het die moeder en kinders met angs op sy tuiskoms gewag. Met haar neusie plat teen die ruit vasgedruk, het een klein dogtertjie na die sneeu buite gekyk.
En toe sien sy dit! Die diep spore in die sneeu! Sonder om te aarsel het sy die voordeur oopgemaak en uitgeglip.
Haar treetjies het lank gerek om in die groot voetspore te bly, tot daar waar die helder ligte van die kantien gewink het.
Toe die vader opkyk, was hy geskok om die kind daar te sien.
Op sy vraag, “Hoe het jy hier gekom?” was die helder antwoord: “Ek het net in Pa se voetspore gevolg!”
Dié woorde van ‘n onskuldige kind was die oorsaak van hierdie vader se redding.
Onthou! Jy loop nie jou pad alleen nie!
[Van die Here ontvang - Gabrielle Malan]

Indeks     Index