HEBRONHUIS VIR HAWELOSES
  Kontak Gretha le Roux:
(018) 290 1802 of
082 607 7198.
BANKREKENING:
Hebronhuis:
ABSA 4054066149.

Stadig maar seker begin Hebronhuis vorm aanneem.
Hebronhuis
  Die eerste gebou se raamwerk staan al regop en ons het begin om die panele in te sit. Daarna volg die dak van die vooraf–vervaardigde geboue wat ons by die Universiteit gekoop het. Werkkrag is min en ons vra vrywilligers of werklose manne wat by hierdie verdienstelike saak betrokke wil raak – voltyds of deeltyds. Ons kan geen salaris betaal nie, maar verskaf wel gratis kos, verblyf en klere. Ons soek veral mense wat met elektriese krag en loodgieterswerk kan help. Die nood is so oorweldigend groot en ons moet gedurig mense afwys omdat ons nog geen huisvesting kan verskaf nie. Ons is totaal afhanklik van God vir fondse en goedere. Meubels, beddegoed, verf, matte, elektriese kabels, draad en enige pype vir water en riolering en 'n watertenkstaander gaan binnekort benodig word. Indien u ons daarmee kan help, sal ons dit innig waardeer. Ons benodig baie opvulgrond vir gebou twee (foto langsaan) en het weer eens ‘n wonderlike gebedsverhoring beleef toe die Here op ‘n wonderbare wyse iemand oor ons pad gestuur het wat dringend op soek was na 'n plek waar hy sy oorskietgrond kon stort. Vyf groot vragte is gratis afgelaai! Ons benodig egter nog meer. Dalk is daar nog persone wat met oorskietgrond of bourommel opgeskeep sit en dit hier wil stort.
Ons wil die publiek van harte bedank vir soveel bydraes wat ons reeds ontvang het - ook vir al die gebede en bystand. Ons bid die Here se seën op u toe. Sonder u kan ons hierdie projek nie voltooi nie. Ons eer die Here vir elke medewerker wat reeds betrokke is, maar daar lê nog 'n groot braakland voor.
  Hebronhuis Versterk ons hande en help ons asseblief sodat ons weer ander kan help. "Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie" (Spreuke 28:27), maar "As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van 'n arm mens, sal jy ook nie antwoord kry as jy roep nie"(Spreuke 21:13).

Indeks     Index