WIE IS DIE GIDEONS?
  Die Gideons is 'n Beweging van Christen-manne wat reg oor die wêreld Bybels verprei met net een doel voor oë: om mense vir Christus te wen. Die organisasie het klein begin, met slegs 3 lede in 1899. Maar deur die genade van die Here en met die hulp van sy Kerk, het hierdie groep gegroei tot ongeveer 150 000 Gideons wat jaarliks meer as 150 miljoen Bybels en Bybeltestamente in 179 lande versprei.
Bybels word in hotelkamers, gastehuise, hospitale, gevangenisse, spreekkamers, ens. geplaas. Daarbenewens word elke jaar in al die dele van ons land 'n klein Testamentjie (in sy of haar eie taal) in die hand van elke graad 8 leerling geplaas. Sodoende word meer as een miljoen Bybels en Nuwe Testamente teen 'n koste van ongeveer 6 miljoen Rand elke jaar in ons land versprei.
Die Gideons se vrouens en metgeselle vorm 'n onmisbare hulpgroep wat help met die verspreiding van Bybels in hospitale en ander geneeskundige dienste, maar veral as voorbidders. Daar word gesê: Die hulpgroep op hulle knie%euml hou die Gideons op hulle voete!
As u 'n bydrae wil maak vir hierdie heerlike bediening kan u (018) 297 5675 enige tyd skakel. Sien die volgende webbladsy vir die getuienis van 'n Indiërdame wat as kind 'n Gideon-Bybeltjie ontvang het en gered is.
[Kobus Verster (018) 293 0109]

Indeks     Index