CHILD EVANGELISM FELLOWSHIP: SOUTH AFRICA
  Het die Vader bedoel dat die Evangelie-boodskap moeilik en ingewikkeld moet wees? BESLIS NIE!

Die Vader maak sy hart deur sy Seun Jesus Christus aan ons bekend in Matteus 11:25-30. Hy sê baie duidelik in verse 25-26 wat Hom vreugde verskaf. Jesus bid en sê: “Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae” (Ou Vertaling).

God se bedoeling was nooit dat die Evangelie onverstaanbaar moet wees nie. Hy vind vreugde daarin dat kinders gered moet word. Die uitnodiging, “Kom na My toe…”, geld in hierdie gedeelte veral vir die kind.

In die tyd waarin ons leef, is dit veral ons kinders wat moeg en oorlaai is. Suid-Afrika word nie verniet as een van die “hoofstede” in die wêreld ten opsigte van kindermolestering beskou nie. Daagliks word kinders verkrag en a.g.v. bendegeweld vermoor. Die kind is ‘n maklike teiken vir die aanslae van die Bose.

Die enigste oplossing vir ons kinders is die Goeie Nuus van verlossing in Jesus Christus. Child Evangelism Fellowship deel die hart van die Vader deur hulle toe te spits op die kind. Child Evangelism Fellowship is ‘n geloofsorganisasie wat die Kerk ondersteun om die kind met die Evangelie te bereik. Ons spits ons veral toe op die onbereikte kind en is in Suid-Afrika werksaam sedert 1947.

HOE KAN ONS VAN HULP WEES?
CEF wil u graag help om die kinders in u eie gemeenskap te bereik met die Goeie Nuus van Jesus Christus. Ons doen dit deur:
  • Doeltreffende opleiding te bied: Kursusse is daarop gemik
    om die kind te evangeliseer en geestelik te laat groei ná
    bekering.
  • Uitreikgeleenthede wat ‘n verskil kan maak. Ideale
    geleenthede vir gemeentes om betrokke te raak met die
    bereiking van ons kinders.
  • Kwaliteit-onderrigmateriaal: Bybelgefundeerde 5-jaar-
    sillabus en ander literatuur, verseker dat kinders van kleins
    af uitgedaag word om daders van die Woord te word.

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?
  • Raak betrokke by die bereiking van kinders in jou
    woongebied.
  • Word opgelei in effektiewe uitreikmetodes na kinders.
  • Bid op ‘n gereelde grondslag vir hierdie Bediening.
  • Ondersteun CEF finansieel.
  • Word ‘n vrywillige of voltydse werker saam met CEF.

Indien u enige navrae het, kan u gerus vir
ds. David van Heerden skakel by
tel. (018) 293 0860 of
e-posadres: cefsa@absamail.co.za

Indeks     Index