UITERSTE TOEWYDING
  William Tyndale het die Nuwe Testament in Engels vertaal. Dit is in Duitsland gedruk. Jare lank is hierdie klein testamentjies na Engeland gesmokkel totdat Tyndale deur ‘n “vriend” verraai is. Nadat hy vir kettery verhoor is, het hy ‘n jaar in die tronk deurgebring in afwagting op sy teregstelling. Hy het die Ou Testament net betyds klaar in Engels vertaal voordat hy in 1536 op die brandstapel gesterf het.
Daar het hy sy laaste gebed gebid: “Here, maak die koning se oë oop!” Die Here het!
‘n Jaar later is die druk van die eerste wettige Engelse Bybel toegelaat. Vandag stem 90% van die King James Bible woordeliks ooreen met Tyndale se werk!

* * * * *

Nikolai Khamara het as ‘n dief tronk toe gegaan en as a Christen uitgekom. Na die inhegtenisneming van sy pastoor, het die owerhede gedreig om Khamara te martel om ondergrondse geheime van die pastoor te verkry. Khamara het sy pastoor verseker: “Ek gee nie om om vir Christus te ly nie.”
Hulle het toe Khamara se oë uitgesteek. Die pastoor het uitgeroep: “Hoe kan ek dit aanskou? Jy sal vir altyd blind wees!”
Khamara het geantwoord: “Nou sal ek meer skoonheid sien as wat ek ooit met my oë gesien het. Ek sal die Verlosser sien!”
Hulle het toe gedreig om sy tong uit te sny. “Prys die Here Jesus Christus! Nou het ek die hoogste woorde gesê wat gesê kan word. Julle kan maar my tong uitsny!”
Hierdie mense kon nie sy geloof breek nie. Hy het uiteindelik ‘n martelaarsdood gesterf!
[www.persecution.com]

Indeks     Index