LETTERS / BRIEWE
 
FOUND CHRIST IN PRISON!
Richard Bouwer, Potch Prison, writes:

I greet you in the Name of our Lord and Saviour Jesus Christ. I'm serving a 20-year sentence for housebreaking. I have been here for 3 years now, but am very grateful because this is where I found Jesus, my Saviour. I also started reading and understanding the Bible.
Experiencing the love and grace of Jesus helps me to overcome the everyday difficulties. I have come to hate sin and when I talk to people, I tell them about Jesus. I have found true peace and although it is not easy to praise God in prison, He helps me to do so. Some fellow prisoners ridicule and mock me, but God teaches me to be patient and put my heart on the things that are in heaven where He is.
I would appreciate it so much if people could send me Christian books and tapes so that I may grow spiritually. Thank you so much.

SEëNWENSE UIT KIMBERLEY!
Francie Calitz, Carters Glen, Kimberley, skryf:

Vandag wil ek net baie dankie sê vir die kragtige leesstof van Goeie Nuus. My suster woon in Doringkruin, Klerksdorp, en wanneer sy kom kuier, bring sy vir my ‘n paar koerante. Na ‘n beroerte-aanval 2 jaar gelede, is sy effens gestrem. Desnieteen-staande versprei sy nog hierdie koerant. So werk sy nog vir Jesus. Mag ons almal, net waar ons is, uitreik na ander met Jesus se “Goeie Nuus”.

‘N SEUN SE HART
Mev. JC Nel, Louwstraat, Potchefstroom, skryf:

Jare gelede het ek laat een aand - of liewer, vroeg een oggend om 03:00 - in ‘n busdienswagkamer gesit. Ons was net drie in die wagkamer. Een van die wagtende passasiers was ‘n moeë ouma-grootjie wat ineengedoke op die ander punt van die bank gesit het. Die ou, dun, grys jassie wat sy aangehad het, het voor oop-gegaap en haar verbleikte ou katoenrokkie getoon. ‘n Ou, verslete handsak het langs haar op die bank gelê. Later het haar kop vorentoe geknak en sy het uitgeput aan die slaap geraak. ‘n Seun wat gelyk het asof hy in die hoërskool kon wees, het op die bank oorkant ons gesit. Omdat daar ‘n rukkie vantevore verskeie boosaardige misdade in die stad deur tienerseuns gepleeg is, het ek af en toe senuweeagtig in sy rigting gekyk. Hy was egter netjies aangetrek en sy hare netjies gesny. Dit het my effens gerus gestel. Toe het ek opgemerk dat hy die klein oumatjie stip sit en dophou. Ek het voorgegee dat ek my tydskrif lees, maar ek het hom onderlangs dopgehou. Hy het sy beursie uitgehaal en die inhoud deurgekyk. Rusteloos het sy oë na die vrou se hande op haar skoot gedwaal, na die verslete ou handsak langs haar, en terug na haar hande. Weer het hy sy dun beursie geneem, die inhoud uitgehaal - ‘n randnoot, ‘n vyfrand-noot, ‘n foto van ‘n meisie en sy buskaartjie. Hy het die kleingeld in sy sak getel, sy kop geskud, sy mond gevryf, en weer na die slapende oumatjie gekyk. Toe hy opstaan, het my hart vinniger begin klop. En toe hy in die rigting van die slapende vrou loop, het ek my gereedgemaak om op te tree indien hy sy hand na haar handsak sou uitsteek. ‘Sou hy dit waag?’ het ek gewonder. Hy het by die vroutjie gaan staan, sy regtervuis toegeklem en vir ‘n oomblik gehuiwer. Toe het hy sy hand laat sak, die toe vuis stadig oopgemaak en die noot het in die palm van die verrimpelde ou hand op die verslete, grys jas geval. Dit was nie die eenrandnoot nie, dit was die vyf rand. Ek was dankbaar dat daar nog sulke pragtige en eerlike kinders in ons land is.
Gods rykste seën julle toegebid op julle pragtige koerant. Werk vir die Here: die salaris is miskien nie groot nie, maar die aftree-voordele is uit ‘n ander wêreld!

GOD SE BESKERMENDE GENADE!
Frannie Matthews, Posbus 1096, Potchefstroom, getuig:

God was so goed vir my dat ek my getuienis met soveel moontlik mense wil deel. Ek is ‘n enkelouer van ‘n tienjarige seun. Ons bly 11 km buite die dorp op ‘n plot. Ek neem hom elke dag skool toe en in die middae verkoop ons tweedehandse klere by taxi-staanplekke en op plotte en plase. Dis hoe ons ons maandelikse inkomste verdien, aangesien ek ongeskik is om die werk waarvoor ek opgelei is, te doen, nadat ek ‘n groot operasie ondergaan het. Maar prys die Here! Hy het nog altyd voorsien. Op ‘n betrokke dag het ‘n maatjie van my seun gevra of ons hom kon oplaai en na sy huis kon neem. Ek besit ‘n mini, en omdat die klere op die agterste sitplek was, het ek altwee voor langs my laat sit. In Kockstraat, by die maatjie se huis waar ek moes indraai, was daar net ‘n geweldige slag, waarna ek my bewussyn verloor het. ‘n Minibus met ‘n bosbreker wou blykbaar verby-gaan nadat ek reeds begin draai het en het ons op die regter-kantste deur getref! Toe ek weer bykom, hoor ek my seun histeries gil: “Mamma, Mamma!”Die deur was af en my bene het by die deur uitgehang. Toe sien ek dat ons besig was om op ‘n boom af te pyl. Ek het my bene weer in die motor teruggetrek want ek wou die rem trap en die stuurwiel vasgryp om ons in die pad te hou, maar die rem het nie gewerk nie en die stuurwiel het buite op die enjinkap gelê. Ek glo God het dit so beskik dat die linkervoorwiel die sypaadjie getref het en ons van die boom terug teen die minibus geslinger het. Was my bene nog buite, het ek dit sekerlik verloor! God is goed! Ek het net gekraakte ribbes, snye en skrape opgedoen en ‘n knop op my kop wat harsingskudding veroorsaak het, maar die twee seuns was ongedeerd. Die bestuurder van die bussie was ‘n jong skoolseun sonder rybewys. Gelukkig het hy ook ongedeerd daarvan afgekom. Sy ouers is ook werkloos en kan my nie vergoed nie. My motortjie is egter ‘n totale wrak en is afgeskryf. Hoewel ons nou sonder ‘n voertuig moet klaarkom, glo ons dat die Here weer sal voorsien. Bid asseblief saam met ons daarvoor. Ek dank net die Here dat Hy ons lewens gespaar het en ook my bene beskerm het!

Indeks     Index