INTERSESSORS GESOEK
  Sally Pretorius, Potchefstroom, skryf: Hoeveel pragtige Christene woon nie in ons land nie? Tog is daar nog ‘n groot, ryp graanland wat wag om geoes te word. Ongelukkig is daar ook baie voëls en jakkalse wat die ryp saadjies uit die are pik of die oningeligtes nadelig beïnvloed. Graag deel ek my visioen met u: Duidelik het die hele suidpunt van Afrika voor my gekom. Onbeskryflik opgewonde was die hartlike, jubelende skare wat hulle hande in die lug gesteek het om die Here te loof en te prys. Elke dierbare Christenmens het dit gedoen! Oral oor die land heen... Dan was daar ongelukkig groot, leë, kaal kolle waar niemand was wat hulle hande in die lug opgesteek het nie. Liewe vriende in Jesus, dit is vir die mense in daardie kaal, leë kolle op die landkaart vir wie ons moet BID! As u gelei voel om ernstig saam te bid, kan u my kontak. Skryf aan: Vriende vir Afrika, Posbus 19451, Noordbrug, 2522 of skakel my na 20:00 by (018) 297 8045.

Indeks     Index