In die Westminster-abdy in Londen staan die volgende woorde op die grafsteen van 'n Anglikaanse biskop: "Toe ek jonk was en my verbeelding geen perke geken het nie, het ek gedroom hoe ek die wreld sou verander.
Namate ek ouer en wyser geword het, het ek agtergekom dat k die wreld nie kon verander nie. Toe het ek my droom effens ingekort en besluit om net my land te verander. Maar ek het daarmee ook geen sukses gehad nie.
"In my herfsjare het ek nog een laaste poging aangewend om dinge te verander. Ek het min illusies oorgehad en besef dat ek tevrede sou moes wees om net my gemeente, of selfs net my gesin, te verander. Maar daartoe was ek ook nie in staat nie.
"En nou, terwyl ek op my sterfbed l, begryp ek, te laat: As ek maar net by myself begin het, sou ek dalk deur my voorbeeld my gesin en 'n paar gemeentelede kon verander. Met hulle inspirasie en bemoediging sou ons dalk ons land kon help verander. En wie weet, miskien sou ons selfs iets aan die wreld kon doen!

Indeks     Index