DIE GESIN (FAMILIE) EN GESINSVORME
  (Dr. Fanie Bergh)

Vanuit die Skrif is dit duidelik dat gesinne/families via die huwelik tot stand kom (Gen. 1:28). Die gesin is die ruimte wat God gegee het waarin kinders kan grootword. In geen enkele ander milieu as dié van die gesin het die kind 'n beter waarborg dat hy sy moontlikhede kan verwerklik nie, en die kwaliteit van die huweliksliefde maak van die gesin die mees ideale opvoedingsmilieu. Alhoewel daar sosioloë is wat die ontstaan van die huwelik en gesin terugvoer na tussen 100 000 en 2 miljoen jaar, is dit vir die gelowige 'n vaste sekerheid dat die huwelik op die tweede bladsy van die Bybel deur God ingestel is en uit hierdie eerste huwelik is kinders gebore om 'n gesin te vorm. Dis egter interessant dat sosioloë ook sê dat in alle bekende samelewings daar 'n soort instelling soos die gesin was.
Die patriargale gesinsisteem was die mees algemene in Israel se tyd. Inderwaarheid het die patriargale sisteem in bykans alle kulture gefunksioneer. Kenmerke van hierdie sisteem was o.a. dat die patriarg, die oudste manlike familielid leiding geneem het, daar was 'n sterk godsdienstige inslag, respek vir ouers, sterk familiebande, veiligheid en sekuriteit vir mekaar, eenheid in ???produksie en konsumpsie ???en geslagsrolle was duidelik afgebaken en gedefinieer.
Verder was daar ook nukleêre ???(kern) gesinstipes in verskillende kombinasies. Vandag is die kerngesin (pa, ma en kinders) die mees algemene hoewel enkelouer gesinne (ma óf pa met kinders na dood van lewensmaat of egskeiding) ook baie voorkom. Verder is die hersaamgestelde gesin (sg. ???) ook baie prominent. Die patriargale gesin kom nog voor, maar slegs in sekere kulture en meestal op die platteland.
Die vraag ontstaan waarom gesinsvorme oor die tye verander. Die mees opvallende is die verandering van die patriargale sisteem na die kerngesin. Die rede vir die verandering (in bg. voorbeeld), is grootliks te wyte aan die Industriële Rewolusie van die 18de/19de eeu en die opkoms van die Aufklärung/Verligting waar 'n nuwe waardestelsel tot stand gekom het. Mense het nou nie meer op die platteland in 'n patriargale sisteem gewoon nie, maar met die opkoms van bv. tekstielnywerhede, olie stoomenjin, weef- en spinfabrieke, ens. weggetrek na die stede waar werk was. Huis en werkplek is nou geskei. En so het die kleiner gesinsisteem, die kerngesin, mettertyd alombekend geword.
Wat dus duidelik blyk, is dat die gesin 'n sosiale eenheid is en die mens 'n sosiale wese. Die mens en sy gesinstipe leef binnie 'n spesifieke kultuurfase met sosiale patrone. Outomaties oefen dit 'n invloed op die gesin uit as 'n sosiale sisteem en werk veranderend in op die gesin, sy vorm en sy waardes. Die wêreld waarin die gesin deur die tye leef, is dus nie staties nie. As gevolg van die veranderinge in die samelewing en kultuur, word dit ook op die gesin afgevryf. Bybelse waardes vir die gesin moet egter gelééf word, ongeag die gesinsvorm.

____________________________________________________________________________________________________________________

Dr. Fanie Bergh se D. Th. handel oor "Gesinsbediening as 'n geïntegreerde deel van die opbou van die Gemeente".
____________________________________________________________________________________________________________________

          Indeks