VERSIGTIG
  Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ‘n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye. Moenie julle lewens mors deur sonder ‘n doel te leef nie, maar maak seker hoe die Here wil hê julle moet leef… Laat jou hele lewe deur die Gees beheer word… Moenie vergeet om altyd vir God, die Vader, baie dankie te sê vir alles nie. Doen dit omdat jy aan Jesus Christus behoort en Hy jou in staat gestel het om dit te doen. (Paulus aan die Efesiërs - Die Boodskap).

Indeks     Index