CEF Child Evangelism Fellowship
  Die waarde van 'n moeder wat haar kinders in die vrese van die Here groot maak moet nooit onderskat word nie. Die Here gee opdrag aan die ouers om hul kinders van Hom te leer. Ons lees dit o.a. in Deteronomium 6:6-7: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.”

Hier is 'n getuienis, wat 'n sprekende voorbeeld is van 'n vrou wat aan God gehoorsaam was. Haar dogter Mev. Goss getuig as volg:

“Wat ek met julle deel is alles as gevolg van God se genade. Aan Hom kom toe al die lof en die eer vir die redding en onderhouding van 'n toegwyde lewe.
Mev. R. Hendricks(my moeder) het van my vroegste herrineringe, ongeveer 6 jaar oud, die evangelie met ons as kinders gedeel. Sy het dit gedoen met flennie prentjies wat aan die agterkant met wol geplak was. Sy het dit dan op 'n handdoek en 'n wasplank geplaas soos wat sy vir ons die Bybellesse aangebied het.

Sy is op 'n baie jong en brose ouderdom van 16 jaar met 'n moslem man getroud. Sy het vir ongeveer 7 jaar die moslem geloof geleef terwyl sy 'n skoon en heilige lewe begeer het. 'n Wonderlike ding het egter met haar gebeur. Sy het op 23 jarige ouderdom tot bekering gekom en Jesus Christus as haar enigste Verlosser en Saligmaker aangeneem. Dit het haar hele lewe verander. Sy het 'n God vresende lewe geleef en haar hoofdoel was om die onbereikte kind met die evangelie te bereik. Sy kon nie lees en skryf nie, maar ek glo dat die Heilige Gees haar geleer het om te lees en te skryf. Dit is hoe sy betrokke geraak het by CEF meer as vyftig jaar gelede. My vader wat 'n getroue moslem was het na haar dood ook tot bekering gekom.

Vandag is my moeder by die Here, maar ek prys Hom omdat Hy haar lewe gebruik het om baie ander lewens aan te raak. Haar broer het 'n pastoor geword wat met bendes in Westbury werk. Vanuit sy gemeente het daar meer as agt pastore na vore gekom en honderde lewens is aangeraak in Noordgesig en daar stroom nog steeds vandag getuienisse in.
Haar nege kinders het almal die Here aangeneem as Verlosser en is betrokke by verskillende bedieninge. Twee was lokale direkteure vir CEF en 'n broer is 'n pastoor en dien as voorsitter op die provinsiale raad van Gauteng-Suid vir CEF. Ekself is die grootste gedeelte van my lewe betrokke by CEF. Agt en dertig jaar gelede het ek met my eerste Goeie Nuus Klub begin. Duisende kinders is bereik vir die Here en meer as 3000 kinders is deur kampe bereik. Vandag het ons ook 'n Christen skool met meer as 500 kinders en 'n aantal kleuterskole wat ook so by die 500 kinders is.”

Jy my vriend kan ook jouself vermenigvuldig soos wat een God vresende vrou in gehoorsaamheid aan Hom gedoen het.
CEF is besorg oor ons kinders. Ons is 'n geloofsorganisasie wat die kerk ondersteun om die kind met die Evangelie te bereik. Ons spits ons veral toe op die onbereikte kind en is in Suid Afrika werksaam sedert 1947.

Hoe kan ons van hulp wees?
CEF wil u graag help om die kinders in u eie gemeenskap te bereik met die Goeie Nuus van Jesus Christus. Ons doen dit deur:
Ø Doeltreffende opleiding te bied – Kursusse is daarop gemik om die kind te evangeliseer en geestelik te laat groei na redding.
Ø Uitreikgeleenthede wat 'n verskil kan maak. Dit is 'n ideale geleentheid vir gemeentes om betrokke te raak met die bereiking van ons kinders.
Ø Kwaliteit onderrig materiaal – Bybel gefundeerde 5-jaar sillabus en ander literatuur verseker dat kinders van kleins af uitgedaag word om doeners van die Woord te word.
Hoe kan jy betrokke raak?
Ø Raak betrokke by die bereiking van kinders in jou woongebied
Ø Word opgelei in effektiewe metodes van uitreik na kinders
Ø Bid vir die bediening op 'n gereelde basis
Ø Ondersteun CEF finansieël
Ø Word 'n vrywillige of voltydse werker saam met CEF

Indien u enige navrae het kan u gerus vir Ds. David van Heerden skakel by tel. 018 – 2930860 of kontak by E-Pos adres: cefsa@absamail.co.za

Indeks     Index