HEBRONHUIS VIR HAWELOSES
Hebronhuis
  Graag wys ek op die vordering wat ons steeds maak met die hulp van die Here. Noudat die meeste van die panele opgeslaan is en selfs al ‘n gedeelte van die dak voltooi is, besef ons dat daar ‘n dringende behoefte aan verf is. Daarom doen ek ‘n dringende beroep op die lesers van "Goeie Nuus" vir enige oorskietverf. Ons het reeds baie mooi reaksie van u gekry ten opsigte van opvulgrond vir die tweede gebou. Ons kort egter nog heelwat.
Dan wil ek ook my hartlike dank uitspreek vir soveel hulp wat ons alreeds deur middel van "Goeie Nuus" ontvang het. Dit is wonderlik om te sien en ervaar hoeveel mense betrokke wil wees by hierdie projek en wat gewilliglik bydra om God se droom, nl. die opheffing van armes, gebrokenes en werk-loses, te verwesenlik. Daar is ook nog ‘n groot behoefte aan komberse en klein en medium mansklere. Ou meubels en ‘n radio sal ook baie welkom wees. Baie dankie dat u saam met ons omgee! Mag die Here u ryklik seën!
Kontak Gretha le Roux by
(018) 290 1802 of 082 607 7198

Indeks     Index