MAAK JULLE REKENING OP DIE REGTE PLEK OOP!
  “Hou op om van die oggend tot die aand agter geld aan te hardloop. Dit is dom. Niks hou hier vir altyd nie. Diewe breek oral in en steel, motte en goggas vreet alles op, en ouderdom laat dinge vergaan. Maak eerder vir julle ‘n bankrekening in die hemel oop, daar by God. Geen dief kan daar inbreek om iets te probeer steel nie. Daar is ook nie inflasie wat julle skatte se waarde kan laat minder word nie. En niks word daar ooit oud nie. God self pas julle skatte op. So, spring nou dadelik aan die werk. Leef elke dag voluit vir God. Dan is julle kort voor lank hemelse miljoenêrs!
“Daar is twee soorte skatte wat julle kan versamel: hemelse skatte, wat vir altyd hou, of aardse skatte, wat nie vir altyd hou nie. Watter soort maak julle bymekaar? Hier is ‘n vinnige toets vir julle om vas te stel:
* Waaroor praat julle die meeste van die tyd?
* Waaroor dink julle van vroeg tot laat?
* En waaroor bekommer julle julle die meeste?
“Beantwoord hierdie vrae eerlik. Dan het julle die antwoord. Dan weet julle waar julle julle ‘rekening’ oop-gemaak het.
[Die Boodskap: Matt. 6: 19-21].

Indeks     Index