ONS STEL BEKEND...
Die Volle Evangelie Kerk van God Potchefstroom
  Die Volle Evangelie Kerk van God is een van die gevestigde kerke in Suid-Afrika. Dit het in 1910 tot stand gekom as gevolg van die herlewings in die vroeë 1900s. Die VEK word verteenwoordig in meer as 300 lande ter wêreld (The Full Gospel Church of God). Ons het deur al die jare God se liefde, teenwoordigheid en seën ervaar.
In Potchefstroom bestaan die VEK reeds vir baie jare en is die kerkgebou in Jeugdstraat reeds vanaf 1975 in gebruik. Ons het ‘n geweldige passie vir Potchefstroom en sê dankie vir al die mense wat ons deur die jare toegelaat het om deel van hulle lewens te wees.
Ons gemeente groei pragtig, ons kinder- en jeugbediening staan sterk en ons senior burgers is ons trots. Ons het pas ons nuwe herderspaar (Pastoor André en suster Pieta du Preez) in ons gemeente verwelkom. Die Here het hulle met ‘n liefdesbediening Potchefstroom toe gestuur en ons weet die Here gaan hulle kragtig gebruik. Dit is ons gemeente se gebed dat al die mense in ons dorp Jesus Christus as Here sal ken!

Indeks     Index