NET BY DIE HERE BEKEND...
  Vyf kilometer buite Cambridge in Engeland is 'n begraafplaas waar meer as 3 000 Amerikaanse soldate in die Tweede Wêreldoorlog begrawe is.
Toe ek een Sondagmiddag tussen die grafte deurloop en na die grafstene kyk, was daar een wat my aangegryp het. Op dié steen het gestaan: "Die eervolle rusplek van 'n medesoldaat wat slegs aan die Here bekend is."
Dit het my laat dink aan die mans en vroue in grafte. Almal het dierbares gehad wat geweet het waar hulle begrawe is; daar was broers en susters, ouers en miskien 'n huweliksmaat en kinders, maar hierdie man was naamloos omdat niemand wat hom geken het, opgespoor kon word nie. Maar die Here het hom geken en alles van hom geweet, selfs in die dood.
Dit mag met ons gebeur dat vriende en familie ons in die steek laat. Ons mag alleen staan, deur armoede en ellende omring as gevolg van mense se gevoelloosheid. Maar die Here ken ons deur en deur!
Is dit nie die heel belangrikste nie? Dat mense ons ken, mag baie voordelig wees. Die waardevolste ding in ons lewe is egter dat Hy ons sal ken, nie net in lewe en in die dood nie, maar tot in alle ewigheid!
Uit: Decision

          Indeks