DIE OLYFBOOM
  Ps. 52:8 verklaar: "Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd."
Die olyfboom simboliseer hier hoofsaaklik getrouheid en standvastigheid. Ongeag die omstandighede: warm, droog, koud, nat, rotsagtig of sanderig, die immergroen olyfboom bly aan die lewe en lewer vrugte.
Daar word gesê dat 'n mens 'n olyfboom nooit kan uitroei nie. Selfs al word dit afgekap of verbrand sal daar nuwe lote uit sy wortels groei. Hierdie Skrifgedeelte herinner ons daaraan dat ongeag die lewensomstandighede ons standvastig soos die olyfboom in die teenwoordigheid van God moet bly - immergroen (getrou) en besig om vrug te dra.
[Uit: Lesse uit die Land van die Bybel - Clarence H Wagner]

          Indeks