VOORUITSIGTE VIR DIE PAD VORENTOE
  Soos 'n mens ouer word, word jou liggaamlike gang stadiger en jou krag minder.
Maar in dic geestelike lewe is dit juis die teenoorgestelde want die moontlikheid van groei word met die jare wat verbygaan al groter.
Die hoogtes en dicptes van die gees en die vurige ywer vir God is nie iets vir kinders nie.
In die tweede deel van 'n mens se leeftyd kan dit gebeur dat die Christen se pas van 'n volgehoue stap tot 'n vinniger draf oorslaan.
Opgewondenheid en intense ervaring van die lewe kan toeneem. Daar.kan 'n nuwe kwaliteit van vreugde wees. Hierdie ontwikkeling is nie van ons omstandighede afhanklik nie. Dit maak nie saak of ons situasie gunstig of ongunstig is nie, want dit word bcpaal deur die verbintenis met die Een wat mag het oor die omstandighede.
Daar kom 'n vreugde wat iets hlywends inhou, iets van die ewigheid self. Dan groei die hesef by ons dat niks vandag of more met ons kan geheur wat daar- die vreugde kan wegneem nie.

Catherine Marshall

          Indeks