GOD SE VREDE
  God se vrede is so diep en so wonderlik dat dit nie gemeet of verduidelik kan word nie. Die wolwe van bekommernis kan dit nie wegsleep en verslind nie, want hulle het geen ingang in daardie vrede nie.
Die wêreldling kan die geheim van hierdie vrede nie verstaan nie, omdat hulle geen persoonlike verhouding met die God van vrede het nie! Die toegewyde Christen ken egter hierdie geheim en maak dit sy skuilplek. Soos sy Meester kan hy op die "skip" slaap, terwyl die storm buite woed!
- Oorgeneem

          Indeks