LIGTE IN 'N DONKER WÊRELD
  'n Mens sit nie in die dag 'n lig aan terwyl die son buite skyn nie. Net so sit n mens ook nie n lig onder n maat emmer nie.
Terwyl ek die afgelope tyd so met mense praat besef ek dat dit net al donkerder in die wereld word. (Dat dit net slegter en slegter gaan.) Is dit nie so dat hoe donkerder dit is, hoe helderder skyn 'n lig nie? Daarom moet ons ons beskikbaar stel sodat God se lig deur ons al helderder in hierdie donker wereld skyn!
Ek wil graag vertel van twee Puk spanne wat gedurende hierdie Desember vakansie hulle lig in die duisternis gaan laat skyn. Die een groep is die gewilde Thailand span wat as onderwysers by skole en selfs die Polisie gaan Engels onderrig. Hulle gebruik Bybelverhale om die Engels oor te dra, terwyl hulle God vertrou om terselfdertyd harte aan te raak.
Die ander span gaan baie nader aan die huis wees, nl. in Lesotho. Hulle gaan die sendeling August Basson bystaan en sy hande versterk, terwyl hulle ook praktiese hulp gaan verleen, deur te help met die herstel van geboue.Volgende keer praat ons bietjie oor die span wat plaasuitreike doen sowel as tronk besoeke.
Ons vra voorbidding vir al hierdie spanne, dat hulle harte en hulle gees oop sal wees, vir die leiding van die Heilige Gees.
Vir meer besonderhede hoe om betrokke te kan raak, hetsy geestelik of finansieel, kontak asb. vir Rudi by 082 438 9592. Seenwense en groete tot volgende maand, van Puk kandelaar uitreike.
Rudi Ackerman.

Indeks     Index