HELP MY
ASSEBLIEF!
  "Want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk en julle het My besoek"(Matt.25:35,36 NV).
Ek het Matt. 25 al dikwels gelees, maar nie werklik die impak van hierdie verse verstaan nie. Gedurende November 1997 het dit egter verander!
Toevallig het ek en my vrou, Liezel, met Reon Schutte begin korrespondeer. Hy is besig om 'n 13 jaar vonnis in Harare, Zimbabwe, uit te dien. Liezel het van die begin af vir hom gebid en van ons Hemelse Vader vertel.
Reon wou egter nie veel van godsdiens weet nie. Stadig maar seker het die Heilige Gees egter in sy lewe begin werk. April 1998 skryf hy vir Liezel: "You surely got me into this praying thing. I just hope I'm doing it the right way."
Deur God se groot genade het Reon aan die einde van 1998 sy lewe aan die Here oorgegee en daarna begin om God se Woord onder mede-gevangenes en ook bewaar-ders te verkondig. Reon se Bybelstudiegroep het gegroei en tans is daar 30 mense wat bedien word. Radiokansel stuur gereeld vir hom Christelike literatuur om te versprei.
Reon het nog 6 jaar van sy vonnis oor. Sy gesondheid het drasties versleg en op die oomblik weeg hy 50 kg. As gevolg van toestande in Zimbabwe kry hy slegs een maaltyd per dag en ontvang hy ook nie besoek van 'n dokter nie. Die omstandighede waaronder hy aangehou word, is haglik. Ten spyte van sy swaarkry, versoek hy ons op 8 Aug. 2002 om Filippense 1:10-30 te lees.
Verskeie beroepe is op politieke leiers gedoen om te help sodat hy vrygelaat of oorgeplaas kan word na Suid-Afrika. Dit was ongelukkig nie suksesvol nie. Presidensiële amnestie blyk die enigste uitweg te wees.
‘n Prokureursfirma in Harare het 100% welslae met soortgelyke aansoeke gehad. R24 000 word egter vir hierdie diens benodig. Deur God se genade is daar reeds R6 000 binne 3 weke ingesamel.
Bid asb. saam met ons vir Reon. Vir meer inligting, skakel Willie de Villiers by 082 533 0190 of kontak hom per e-pos by:
potchp@lantic.net

Indeks     Index