DIE SEER VAN 'N ASBLIKLEWE
Kinders
  Ween met die wat ween... (Rom. 12:15).
Duisende klein kindertjies wat honger is en koud
Die seer van ‘n asbliklewe maak selfs die jongstes oud...

Ek wil kom stil word hier by U voete
Ek wil kom hoor wat U sal sê
Ek wil kom oopmaak vir U Gees, Heer
As ek my vrae voor U kom lê
Want soveel mense sterf sonder Jesus
Daar’s soveel misleiding na die ewige dood
Daar’s soveel oorvloed, selfsug en rykdom
Terwyl ander ly in hongersnood
Ek wil dit uitskreeu: "Wat van die kinders
wat die honger en lyding glad nie verstaan?
Wat van die mense wat stukkend en seer is?
Wat van die oumens wat eensaam vergaan?"
En as ek dan vra, Heer: "Waar is U liefde?"
Dan moet ek erken, Heer, dit lê nog by my
Want in my selfsug leef ek my lewe
En stap selfvoldaan by die nood verby
Maak my ‘n beeld van Jesus se liefde
Om in my w&ecfricreld U hande te wees
Ek gee myself as ‘n lewende offer
My lewe beheer deur die Heilige Gees
Hier staan ek voor U net soos Jesaja
Dat U my sal aanraak met U heilige vuur
Sodat ek oral U liefde kan uitdra
Hier is ek Heer, sal U my stuur?

- Piet Smit/MAR Gospel Music Publishers

Indeks     Index