MEDEWERKERS VAN GOD
  Een koue wintersdag staan ‘n straatkind op ‘n straathoek en bedel vir kos, geld of wat sy ook al kon kry. Sy was so skraps geklee dat haar tande op mekaar geklap het van die koue. ‘n Gesig wat enige verbyganger moes aangryp! Maar die ryk man wat daar verbyloop, verroer nie ‘n vinger om haar te help nie. Hy wend sy oë af en haas hom na sy warm, deftige huis. Toe hy egter tussen sy liefdevolle gesin sy heerlike bord kos sit en eet, flits die prentjie van die bibberende bedelaartjie voor hom verby. Dadelik word hy kwaad vir God. Hoe durf Hy sulke toestande op aarde toelaat? Hy was ‘n Christen en die aand in sy stiltetyd verwoord hy weer sy woede teenoor God: "Here, die gedagte aan daardie dogtertjie pla my so. As U ‘n God van liefde is - waarom doen U nie iets om haar te help nie?" Toe is dit asof hy God se stem duidelik hoor: "Maar Ek het - Ek het JOU gered om dit te doen!"
- Oorgeneem.
"Ons is medewerkers in diens van God" - Paulus in 1 Kor. 3:9

Indeks     Index