ONOORWINLIK!
  Whitfield het gesê: "Ek wil liewer vyf mense hê wat deur die Heilige Gees gelei word en met God wandel as om vyfhonderd aanhangers te hê vir wie die duiwel lag."

Terwyl generaal Gordon gereed gemaak het om na Soedan te vertrek, het hy gesê: "As julle iemand kan vind wat nie geld of eer of ‘n groot naam begeer nie en wat op God vertrou as die enigste Bron van krag en gesag, bring hom na my toe, en ek sal hom as my metgesel en helper verwelkom. Maar as julle nie so ‘n man kan kry nie, laat my dan alleen met God."

Toe die Pous ‘n versoek aan Savonarola gerig het om sy boodskap af te water in ruil vir die rang van Kardinaal, het hy geantwoord: "Ek wil geen rooi hoed hê nie behalwe die een van martelaarskap, rooi gekleur deur my eie bloed." Die Groot Hervorming wat hierna gevolg het onder leiding van Luther, het inderdaad sy oorsprong gehad in die bloed van Savonarola se martelaarskap!

Indeks     Index