VAN VEGTER TOT WOORDVERKONDIGER
  Jesus is die uitdrukking van God se liefde - Hy het gekom, om die Vader se liefde en vergifnis aan ons te wys. Jesus en sy dissipels was besig om by Simon te eet, toe die owerspelige vrou daar inkom. Sy het Jesus se voete met haar trane natgemaak en die trane met haar hare afgedroog - dit terwyl sy Sy voete aanhoudend gesoen het. Sy het haar nood aan Jesus besef - haar berou was groot! Daarenteen was die arrogansie van die Farisieërs wat haar geoordeel het, omdat hulle nie 'n sondebesef gehad het nie.

Kan ons dan nie nou ook met groot vrymoedigheid Jesus se liefde aan die wêreld bewys nie? Ons sien daagliks hoe Jesus gevangenis vrymaak. Ek wil julle van so 'n mens vertel. Sy naam is William, en hy bly in Zambië. William is in China en Rusland opgelei as vryheidsvegter (terroris). Sy doel was om blanke regerings omver te werp en swart mense se grond terug te vat. Nadat Jesus hom op verskeie kere op wonderbaarlike wyses gered het, elke keer as die Zimbabwese magte die terroriste kampe aangeval het, het hy uiteindelik by 'n sendingstasie in Zambië skuiling gaan soek. Daar het hy Jesus se liefde en vergifnis ontvang en sy lewe vir die koningkryk gegee!

Nou is William 'n toegewyde werker van God se koninkryk - soveel so dat hy slegs 50 tot 60 dae per jaar tuis by sy gesin deurbring. Die res van die tyd beweeg hy tussen Zambië, Kongo en Malawi om Jesus te predik.

Ons wil graag die NG studente gemeente op kampus (PUK-Kandelaar) se plaaslik en buitelandse uitreike aan u bekendstel. Sou u belangstel, kontak vir Rudi by 082 438 9592 of Joan by 018 299 2068.

Jy kan ook betrokke raak!

Indeks     Index