Page 7 - Good News August 2006 paper
P. 7

“Moenie bang wees nie, moenie
          vir  hulle  skrik  nie,  want  die
          Here julle God gaan saam met
          julle. Hy sal julle nie in die steek
          laat nie, julle nie alleen laat nie”
          (Deut. 31:6).
          “... daar is niemand soos God
          nie,  Hy  ry  deur  die  hemel  om
          jou te kom help, in Sy majesteit
          ry Hy op die wolke. Die ewige
          God is 'n skuilplek, Sy arms is
          altyd onder jou” (Deut. 33:27).
          “Moenie bang wees nie, Ek is
          by  jou  ...  Ek  is  jou  God.  Ek
          versterk  jou,  Ek  help  jou,  Ek
          hou jou vas, met My eie hand
          red Ek jou” (Jes. 41:10).
          “Ek is by julle al die dae tot die
          voleinding  van  die  wêreld”
          (Matt. 28:20).
          “Ek sal julle nie as weeskinders
          agterlaat nie; Ek kom weer na
          julle toe” (Joh. 14:18).
          “Wie kan ons van die liefde van
          Christus skei? ... Hiervan is ek
          oortuig: geen dood of lewe of
          engele  of  magte  of  teens-
          woordige of toekomstige dinge
          of kragte of hoogte of diepte of
          enigiets anders in die skepping
          kan ons van die liefde van God
          skei nie, die liefde wat daar is in
          Christus  Jesus  ons  Here”
          (Rom. 8:35, 38-39).
          “God self het gesê: Ek sal jou
          nooit  verlaat  nie,  jou  nooit  in
          die steek laat nie” (Heb. 13:5).
   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12