Page 2 - Good News December2006 paper
P. 2

“‘n Kind is vir ons gebore…Hy word genoem Wonderbaar”
                                                 (Jesaja 9:5).
                                                 JESUS CHRISTUS is in alle opsigte besonders.
                                                 Van Hom is gesê:
                                                     “Ek vind geen skuld in hierdie man nie” (Luk. 23:4).
                                                     “Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie”
                                                     (Joh. 7:46).
                                                     “Waarlik, hierdie man was regverdig” (Luk. 23:47).
                                                     God Self het uit die hemel gesê: “Dit is My geliefde Seun,
                                                     luister na Hom!” (Matt. 3:17).
                                                 Jesus  is  die  Eerste  en  die  Laaste  wat  werklik  God  is  en
                                                 terselfdertyd  ook  sondelose  Mens.  Hy  het  ‘n  menslike
                                                 bestaan aanvaar sodat ons 'n Goddelike erfenis kan verkry.
                                                 Hy het Seun van die Mens geword sodat ons kinders van God
                                                 kan word.
                                                 Toe Hy nog ‘n Baba was, het koning Herodes bang geword vir
                                                 Hom. Toe Hy ‘n Seun was, was die leraars verwonderd oor Sy
                                                 wysheid en kennis. Toe Hy ‘n Man was, het Hy oor die natuur
                                                 beheer gehad. Hy kon op die water loop en die stormagtige
                                                 see in ‘n oomblik kalm laat word. Hy kon enige siekte genees
                                                 sonder medisyne.
                                                 Hy het nooit ‘n boek geskryf nie, en tog kon die grootste
                                                 biblioteke volgemaak word met boeke wat oor Hom geskryf
                                                 is. Hy het nie musiek geskryf nie, tog is daar meer liedere en
                                                 musiek  oor  Hom  gekomponeer  as  oor  enige  iets  en
                                                 enigiemand  anders.  Groot  manne  het  gekom  en  gegaan,
                                                 maar net Hy leef nog van die begin af. Herodes kon Hom nie
                                                 doodkry nie, Satan kon Hom nie verlei nie, die dood kon Hom
                                                 nie oorwin nie, en die graf kom Hom nie gevange hou nie.
                                                 Elke mens skiet in een of ander opsig te kort, maar nie Hy nie.
                                                 Hy  is  die  unieke  God.  Om  Hom  te  ken,  is  die  grootste
                                                 ondervinding wat ‘n mens kan hê. Hy is die enigste Verlosser
                                                 en die beste Vriend wat daar is. Daarom kan elkeen van ons
                                                 saam met miljoene ander gelowiges sê: “Hy is wonderlik!”
                                                 - Oorgeneem
   1   2   3   4   5   6   7