Page 4 - Good News December 2016 paper
P. 4

Vir my is ‘n somer-kersdag
                                                                                             Vir my is ‘n somer-kersdag
                                                                                             ‘n son-dag vol weemoed-genot
                                                                                             ‘n son-dag vol weemoed-genot
                                                                                             ‘n warm hoop-wens wat wag
                                                                                             ‘n warm hoop-wens wat wag
                                                                                             op die wonder en glorie van God.
                                                                                             op die wonder en glorie van God.

                                                                                             ‘n Jong dag, gebore skoon, blink en blou
                                                                                             ‘n Jong dag, gebore skoon, blink en blou
                                                                                             met vreugde van saamwees deur liefde omvou,
                                                                                             met vreugde van saamwees deur liefde omvou,
                                                                                             waarop skepping en skepsel hul hulde wil bring
                                                                                             waarop skepping en skepsel hul hulde wil bring
                                                                                             deur tot die Skepper ‘n loflied te sing.
                                                                                             deur tot die Skepper ‘n loflied te sing.

                                                                                             en later ‘n Hoëveld stapelwolk-storm
                                                                                             en later ‘n Hoëveld stapelwolk-storm
                                                                                             wat donder en blits en waarsku-vermaan
                                                                                             wat donder en blits en waarsku-vermaan
                                                                                             teen sondeval-nood, teen die oordeel en dood
                                                                                             teen sondeval-nood, teen die oordeel en dood
                                                                                             van siele wat magteloos, spartel-vergaan...
                                                                                             van siele wat magteloos, spartel-vergaan...

                                                                                             Maar eensklaps bring Hy weer die stilte, die rus,
                                                                                             Maar eensklaps bring Hy weer die stilte, die rus,
                                                                                             die vrede, die redding, die reënboog vol hoop,
                                                                                             die vrede, die redding, die reënboog vol hoop,
                                                                                             en skepping en skepsel word dankbaar bewus
                                                                                             en skepping en skepsel word dankbaar bewus
                                                                                             van verlossing en lewe deur Liefde gekoop!
                                                                                             van verlossing en lewe deur Liefde gekoop!

                                                                                             © Estie Nel de Jager
                                                                                             © Estie Nel de Jager
   1   2   3   4   5   6   7   8   9