Page 1 - Good News July 2005 paper
P. 1

Rita Theron, Tel: (018) 297 1285 of 082 6761 677       Maar  die  lewe  is  nie  altyd  soos
          Op  Donderdag  25  April  2002  gaan  ek  vir  'n       ons dit beplan nie! Tóg loop die
          kolonoskopie. Dis maar net 'n ondersoek - niks om       Here saam met ons die pad, wat
          voor bang te wees nie. Môre is ek weer by die werk.     ook al gebeur…
                                                                  Die  uitslag  van  die  toetse?  'n
                                                                  Kwaadaardige  gewas  in  my
                                                                  dikderm!  Dit  het  vir  my  gevoel
                                                                  asof  'n  doodvonnis  oor  my
                                                                  uitgespreek is. (My suster is aan
                                                                  kanker van die maag oorlede toe
                                                                  sy so oud was soos ek op daardie
                                                                  tydstip).  Daarna  het  alles  baie
                                                                  vinnig  gebeur!  Dieselfde  aand
                                                                  nog is ek geopereer. Die internis               André, Marésa & Rita Theron
                                                                  was  tevrede  dat  alles  goed
                                                                  verloop  het,  maar  in  my  het  'n
                                                                  doodsheid  posgevat.  Die  eerste
                                                                  week neem ek byna niks waar nie.
                                                                  Dit  was  asof  alles  met  iemand
                                                                  anders gebeur: hoësorgafdeling,
                                                                  masjiene,  “drips”,  bloedoortap-
                                                                  pings, ens. Dan in die algemene
                                                                  saal: pyn - mense word ingestoot
                                                                  en gaan huis toe - nuwes kom en
                                                                  gaan huis toe, maar ék bly! En die
                                                                  gevoel van doodsheid bly!
                                                                           Vervolg op p. 3
   1   2   3   4   5   6