Page 9 - Good News July 2007 paper
P. 9

DIE ONVOLTOOIDE TAAK                                                         Almal Kan Die Evangelie Help Uitdra!

                                                                                      Het jy al ooit oor die volgende stelling nagedink?
                 aar  heers  groot  opge-      inspirerende  getuienis  bring  oor
                wondenheid  onder  talle  sy ervaring in die sendingveld in                   “Hoekom moet enigeen die Evangelie twee keer hoor,
          Dgelowiges oor die Sending-          Botswana.                                             voordat almal dit een keer gehoor het?”
                                                                                      Dikwels  dink  ons  eenvoudig  net  nie  daaraan  om  die  Evangelie  van
          mobiliseringskonferensie wat DV      Saterdagoggend  word  die  Kon-        Jesus Christus uit te dra nie! Jesus Christus het voor Sy hemelvaart
          vanaf  7-9  September  2007  in      ferensie  voortgesit  wanneer          ons aangemoedig om die Evangelie wêreldwyd uit te dra (Mt. 28:19). Hy
          Potchefstroom  aangebied  word.      Francois  Vosloo  gesels  oor  die     het ons ook die nodige toerusting gegee deur die Heilige Gees (Hd.1:8).
          Die  Konferensie  sal  in  die  kerk-  onderwerp, “Die Kerk moet nuut       Dis eintlik so maklik. Ons moet net begin getuig! Begin sommer by jou
          kompleks  van  die  NG  Kerk  dink oor Sendingwerk.”                        selgroep en by jou werk! Dit is ook so maklik om ‘n sendeling uit te
          Miederpark,  te  Aarbeilaan  22,     Mike  Burnard  van  Geopende           stuur. (Kontak ons of kontak jou kerk). Trouens, ‘n kerk is die enigste
         plaasvind. Almal is baie welkom.      Deure  (SA),  sal  Saterdagmiddag      organisasie wat nie net ter wille van sy lede bestaan nie, maar ter wille
         Belangstellendes  moet  vooraf  die tema “God roep en bemagtig               van die wat nie lede is nie! Dit is juis ons taak om mense wat nog nie van
         registreer.                           tot  vermenigvuldiging”,  hanteer.     Jesus Christus gehoor het nie, te vertel en uit te nooi om by Sy Kerk aan
         Die  tema  van  die  Konferensie  is   Die  Konferensie  word  afgesluit     te sluit!
         “Die  Onvoltooide  Taak”.  Tydens     met  die  tema:  “Gaan  voltooi  die                “‘n Kerk wat nie evangeliseer nie, stagneer.”
         dié  geleentheid  sal  konferen-      taak!”  Kleur  word  aan  die          Dit is die ideaal om in elke volksgroep in elke land ‘n inheemse kerk te
         siegangers  op  hoogte  gebring       afsluitingsessie  verleen  deur        plant sodat daardie volk hulself in hulle eie taal kan evangeliseer. Ons
         word met die vordering in Wêreld-     inspirerende  lofprysing  en  lof-     opdrag is: Maak dissipels vir Christus!  As die Here dit nou op u hart lê
         sending.  Bekende  sprekers  sal      danse.                                 om ‘n sendeling te ondersteun, maar u weet nie waar of hoe nie, kontak
         hul  sendingkennis  en  ervaring      Daar is ook ses praktiese sessies      ons  gerus!  Ons  beskik  oor  heelwat  inligting  om  u  te  help!  Al  ooit
         met u deel. In ‘n neutedop bied die   in  die  program  ingebou  waaruit     daaraan gedink om ‘n sendeling in gebed aan te neem? Al ooit daaraan
         Konferensie  u:  geestelike  inspi-   deelnemers kan kies. Temas wat         gedink om ‘n maandelikse bydrae van so min as R50 te gee? Al ooit
         rasie,  ‘n  vars  visie,  netwerk-    aangeraak  word,  is  bv.  “Strate-    daaraan gedink om deur u besigheid u eie sendeling uit te stuur? Die
         geleentheid  met  ander  Sending-     giese  Kommunikasie”,  “Gebeds-        Here  het  ons  geroep  om  u  te  bemagtig  sodat  u  kan  help  om  die
         organisasies  en  gemeentes,  mobilisering”,  “Netwerk  en                   Evangelie uit te dra, daar waar die nood op sy grootste is!
         waardevolle wenke om u gemeen-        Fondswerwing vir Sending”, ens.        Navrae: 082 340 7549.
         te  se  sendingbediening  op  te      Uitstallers  sal  praktiese  hulp-
         skerp,  asook  die  nuutste  hulp-    middels verskaf wat sendingwerk  Kan Die Here Iemand Soos Ek Liefhê?
         middels.  Ontmoet  Sending-           in gemeentes kan stimuleer.
         organisasies en word bewus van        Talle  nasionale  uitstallers  word    As jy lees hoe God mense help, en hul lewens totaal verander,
         geleenthede  waar  God  u  wil  ook by die Konferensie betrek om             het jy al ooit gewonder... Kan dit ook met my gebeur? Die Woord
         gebruik!                              hulle  unieke  produkte  bekend  te    van God sê: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word
         Konferensiegangers het ‘n keuse       stel. Die nuutste en beste boeke       nie. Niemand nie!” (Lees Rom. 10:9-13).
         van drie pakkette waarvoor hulle      rondom Sending sal te koop wees.       “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart
         kan  registreer  (Sien  registrasie-  Die  Konferensie  sal  voorts  die     glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.”
         vorm elders op hierdie blad):         tuiste wees van die “Central Asia      Hier is ‘n gebed wat jy kan bid:
         Pakket  A  sluit  lesings,  akkom-    Friendship  Forum”.  Persone  wat      “Here Jesus, ek het U nou baie nodig. Ek het berou oor al my
         modasie, etes, en verversings in.     vir hierdie  afdeling registreer, sal   sondes. Vergewe asseblief al my sondes. Ek maak nou die deur
         Slegs R200 p.p.                       ‘n aparte program volg saam met        van my hart oop en nooi U in as My Verlosser. Ek ontvang U as
         Pakket  B  sluit  lesings,  etes  en   verteenwoordigers van dié Forum
         verversings in. Slegs R150  p.p.      (Volledige program beskikbaar by       die Here van my lewe. Neem nou beheer van my lewe. Maak my
         Pakket C sluit lesings en verver-     www.ngkmiederpark.co.za).              die mens wat U met u skepping bedoel het om te wees. Dankie
         sings  in  (etes  uitgesluit).  Slegs                                        Here! Amen.”
         R50 p.p.                                                                     Jesus sê: “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê:
         Beide  sessies  op  Vrydag-  en                                              Strome lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh. 7:38).
         Saterdagaand om 19:00 is oop vir                                             As ‘n volgende stap:
         besoekers  en  word  gratis  aan-                                            Indien u bostaande gebed gebid het, merk die blokkies:
         gebied. ‘n Kollekte sal elke aand                                            Ek het hierdie gebed gebid.
         opgeneem word.
         Francois  Vosloo,  leier  van                                                Stuur asseblief vir my:
         Operasie Mobilisasie (SA), sal die
         K onferensie  Vrydagmiddag  inlei                                                   Gratis Bybelstudie-materiaal
         met  die  uitdagende  tema:  Die
                                        “
         onvoltooide  S  endingtaak  is  die                                                  Inligting oor ‘n kerk wat my kan help
                        ”
         K erk se taak!  Dit word later die
                                     è “
                               ‘
         aand voortgesit met  n app l:  Jy                                                   Ek het ‘n probleem (sien aangehegte brief)
         is geroep om  n verskil te maak.”                                            Vul asseblief onderstaande in duidelike drukskrif in:
                       ‘
         John  Walters,  een  van  talle                 Francois Vosloo              Naam en Van:
         suksesvolle  sendelinge,  sal  ‘n
                                                                                      Posadres:
                     Besoek www.ngkmiederpark.co.za                                   Telefoonnommer:
                                                                                      Ouderdom en beroep (dit help):
                vir verskeie boodskappe wat u kan aflaai.                             Versend na:
                                                                                      Goeie Nuus Bybelskool
                                                                                      Posbus 70344, Miederpark, 2527
                                                                                      Of faks na: (018) 294 3900.

                                                                                       Registrasievorm: Sendingkonferensie
                                                                                              7-9 Sept. 2007 Potchefstroom
                                                                                     Titel:
                                                                                     Naam en Van:
                                                                                     Merk pakket: A / B / C en skryf bedrag: R
                                                                                     Adres:

                                                                                     Tel:                                                    Sel:
                                                                                     Faks:                                                 E-pos:
                                                                                     Betaal u geld in met verwysing: SK:... (gevolg deur u voor-
                                                                                     letters en van), bv. SK: B. Botha.
                                                                                     Bankbesonderhede: Rek. naam: Miederpark Sending.
                                                                                     Tipe: Tjek. Bank: ABSA. Rek. nommer: 405 041 9146.
                                                                                     Faks u registrasievorm tesame met die inbetalingstrokie aan:
                                                                                     Sendingkonferensie NG Kerk Miederpark.
                                                                                     Faks: (018) 294 3900 of e-pos na kantoor@ngkmiederpark.co.za
                                                                                     Navrae: (018) 294 8121 (vm.) of na ure 079 495 1836.

                                   Hierdie bladsy se inhoud is voorsien en geborg deur die NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13