Page 1 - Good News July 2019 paper
P. 1

ns ken almal verkeersligte    stop  en  oranje…  dat  jy  bitter    en dat hulle veel versigtiger voor
                 en weet groen beteken dat     vinnig moet ry? Dit lyk nogal of      God moet lewe. Hy het gewys op
          Ojy kan ry, rooi dat jy moet         baie mense dit glo! Kom ons wees      die  kwaad  wat  gedy,  hul  vals
                                               eerlik: Wie van ons het nog nie oor   vertroue  op  die  tempel,  die
                                               'n rooi verkeerslig gery nie? As jy   bedrog  wat  gepleeg  word,  die
                                               gelukkig  is,  was  jou  enigste  dwase  geestelike  leiers,  hul
                                               gevolg 'n slegte boete. Maar ons      hoogmoed, en veel meer. Die volk
                                               weet  almal  watter  verskriklike     het  hierdie  waarskuwings  geïg-
                                               gevolge dit kan hê wanneer rooi       noreer,  en  die  res  is  geskie-
                                               verkeersligte geïgnoreer word.        denis…

                                               Ook  in  ons  eie  lewens  is  daar   Soms wonder ek of ons eerlik kan
                                               “verkeersligte” wat vir ons sê ons    sê dat ons die rooi ligte in ons eie
                                               kan  voortgaan  of  ons  moet  ver-   lewe  raaksien.  Dit  geld  vir  ons
                                               sigtig  wees.  Nie  almal  van  ons   werk:  wanneer  ons  onbeheerste
                                               neem egter die verkeersligte van      drang  na  nog  meer  sukses  ons
                                               die lewe ewe ernstig op nie. Veral    baas  word.  Dit  geld  ook  vir  ons
                                               nie  as  die  ligte  rooi  geword  het   finansies: wanneer ons skuld ons
                                               nie.                                  lewe begin beheer. Dit geld vir ons
                                                                                                                                               https://thumbsnap.com
                                                                                     gesondheid: wanneer ons roeke-
                                               Die profete van ouds het die volk     loos  begin  leef.  In  ons  huwelik:   Hierdie  is  maar  enkele  voor-
                                               herhaaldelik probeer waarsku dat      wanneer almal om ons die krake       beelde.
                                               die ligte vir hulle lankal rooi is. So   begin  raaksien,  maar  onsself
                                               het Jeremia probeer waarsku dat       weier om dit te erken. Dit geld vir   Orson Wells het op 'n keer gesê 'n
                                               mense  se  “goedkoop,  nikswerd       ons  kinders:  wanneer  hul  afwy-   storie se einde en of dit gelukkig
                                               gode” hulle nêrens sal bring nie      kende  gedrag  al  ernstiger  word,   of  ongelukkig  is,  word  bepaal
                                                                                     maar  ons  ons  kop  in  die  grond   deur  waar  jy  die  storie  stop.
                                                                                     druk.  Vir  ons  geloofslewe:        Miskien moet ons almal leer om
                                                                                     wanneer  maande  se  droogte  sy     maar  te  stop  wanneer  die  lig
                                                                                     tol begin eis, maar ons dink dat dit   oranje word!
                                                                                     nie regtig 'n effek op ons lewe sal
                                                                                     hê nie. En les bes geld dit vir ons   “Leer  my  hoe  U  wil  hê  ek  moet
                                                                                     eie  land:  wanneer  ons  net        lewe. Op U vestig ek al my hoop.”
                                                                                     eenvoudig  so  gewoond  geword       -  Psalm 25:5, Die Boodskap
                                                                                     het  aan  die  verkeerde  dat  ons
                                                                                     gemaklik  daarmee  begin  saam-      [HOOP vir 'n TYD SOOS HIERDIE,
                                                                                     leef.                                Braam Hanekom, CUM, 2015].
   1   2   3   4   5   6