Page 8 - Good News May 2016 paper
P. 8

'n Man het na 'n maatskappy teruggekeer waar hy 'n paar
                                                   maande tevore afgedank is. Na sy terugkeer was sy werk van
                                                   baie hoogstaande gehalte. Sy opsiener wat nog onthou het
                                                   hoe onstabiel hy was in die verlede, het verwonderd gevra:
                                                   "Wat het hierdie verandering teweeggebring?"


                                                   Die werknemer het sy verhaal vertel:

                                                   Toe ek op Kollege was, was ek deel van 'n Inisiëringskomitee.
                                                   Ons het die nuwelinge in die middel van 'n lang reguit pad
                                                   buite die dorp laat staan. Ek moes met my motor so vinnig as
                                                   moontlik  reg  op  hulle  afpyl.  Die  uitdaging  was  dat  hulle
                                                   onbeweeglik moes bly staan totdat 'n teken aan hulle gegee
                                                   is om uit die pad te spring. Dit was 'n donker nag. Ek het teen
                                                   honderd en sestig kilometer per uur op hulle afgepyl en kon
                                                   die vrees op hulle gesigte sien toe ek naby kom. Die teken is
                                                   gegee en almal het uit die pad gespring... behalwe een!

                                                   Ek het die Kollege na hierdie gebeurtenis verlaat. Later is ek
                                                   getroud en het twee kinders gehad. Ek kon die uitdrukking
                                                   van daardie jong seun se gesig nooit uit my gedagtes kry nie.
                                                   Ek het onstabiel en buierig begin raak en later 'n strawwe
                                                   drinker geword. My vrou moes gaan werk om 'n inkomste te
                                                   verseker.


                                                   Ek  was  onlangs  een  oggend  besig  om  te  drink  toe  die
                                                   deurklokkie lui. Ek het die voordeur oopgemaak en voor my
                                                   oë het 'n vrou gestaan wat op 'n vreemde manier tog aan my
                                                   bekend voorgekom het. Sy het ingekom en my vertel dat sy
                                                   die moeder was van die seun wat ek jare vantevore doodgery
                                                   het. Sy het gesê dat sy my gehaat het en baie pynlike nagte
                                                   wakker gelê en planne beraam het om my terug te betaal. Ek
                                                   het geluister toe sy vertel van die liefde en vergifnis wat deel
                                                   van  haar  lewe  geword  het  toe  sy  Christus  as  Saligmaker
                                                   aangeneem het.

                                                   Sy het vervolg dat sy gekom het om my mee te deel dat sy my
                                                   vergewe  het  en  dat  sy  ook  my  vergifnis  vra  vir  haar
                                                   wraakgedagtes.  Ek  kon  diep  in  haar  oë  die  vryspraak  en
                                                   aanmoediging sien om die mens te word wat ek waarskynlik
                                                   sou word indien ek nie die oorsaak van haar seun se dood
                                                   was nie.


                                                   Haar vergifnis het my hele lewe verander!

                                                   In  hierdie  geval  het  die  waarheid  van  vergifnis  en  die
                                                   waarheid van liefde-in-aksie hierdie man vrygemaak om die
                                                   soort mens te word wat God bedoel het hy moes wees.            Is
                                                   daar  mense  wat  jou  hulp  nodig  het  in  hul  soeke  na  die
                                                   waarheid? Dit mag die laaste stukkie legkaart wees om hul
                                                   lewens betekenisvol te maak!

                                                   [Geen Groter Liefde, Robert Strand, VG Uitgewers, 1996].
   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13