Page 7 - Good News September 2006 paper
P. 7

UITREIK NA BRASILIË


          Andrea du T
          Andrea du Toit: 018 293 1813 / 082 572 3188oit: 018 293 1813 / 082 572 3188
          Twee jaar gelede was ek op 'n uitreik na
          Brasilië  o.l.v.  YWAM  (Youth  With  A
          Mission). God is ‘n God van wonderwerke
          en  Hy  het  my  verras  met  'n  tweede
          geleentheid. Hy maak die lewe waarlik ‘n
          avontuur!
          “For just as the heavens are higher than
          the earth, so are My ways higher than your
          ways, and My thoughts higher than your
          thoughts”  (Isaiah 55:9).
          Ek  het  van  23  Junie  -  23  Julie  2006  die
          voorreg gehad om 'n uitreik na Brasilië te
          onderneem  o.l.v.  Creare  Ministries               Die Span:  Surene (Worcester),
          International.  Creare  reik  uit  d.m.v.  die   Angelo (Bloemfontein) & Andrea (Potch)
          skone kunste, nl. musiek, dans, kuns en
          drama.  Hulle  gee  ook  klas  by  kerke  en   kontakte word geskep.
          skole. Die hoofdoel was om gemeentes te       Duque de Caxias is ‘n geweldige groot en
          gaan bemoedig en op te bou sodat God op       arm  gebied.  Baie  min  inwoners  het  ‘n
          vryer en kreatiewe wyses aanbid kan word.     toekomsvisie. Geweldig baie kinders word
          Een gemeente was in Taubate en die ander      sonder ‘n pa groot. Mans raak betrokke by
          in  ‘n  krotbuurt  met  die  naam  Duque  de   dwelmmiddels omdat hulle geld nodig het
          Caxias naby Rio de Janeiro. Die mense is      en  word  dan  doodgemaak  as  hulle  die
          warm en klim baie maklik in jou hart.         dwelmhandelaars geld skuld. Vroue word
          Die Heilige Gees het harte voorberei en die   prostitute met die hoop op ‘n inkomste -
          mense  was  baie  oop  en  ontvanklik.   want  die  kinders  moet  eet.  Hier  is  die
          Tydens ‘n dansklas in Taubate was daar 35     bediening  nie  altyd  maklik  nie  en  jou
          mense, met meer as die helfte mans en 5       karakter  en  aanpasbaarheid  word  baie
          pastore. Teen die einde van die aand kon      getoets.
          elkeen voor God dans, met ‘n nuwe hart        Die Christene hier was ‘n voorbeeld vir my
          van  aanbidding  om  God  in  Gees  en  in    en ek dink vir baie ander Christene ook. Die
          Waarheid te dien. God kon ons gebruik om      pastoor van ‘n klein gemeentetjie sien die
          'n gees van vreugde te bring waar daar ‘n     behoeftes  raak  en  gee  daagliks  vir  60
          gees  van  depressie  was.  Hy  bring  weer   kinders  kos.  ‘n  Man  met  ‘n  vaderhart.
          lewe in woestyne. Die werk gaan voort met     Iemand  soos  Jesus.  Selfs  die  jeug  dien
          die  stig  van  'n  Creare-basis.  Sillabusse   God  passievol,  ten  spyte  van  baie
          word vertaal, mense word opgelei en nuwe      teëstand.
                                                        In die platteland het ons met grondpaadjies
                                                        gestap en mense van huis tot huis bedien.
                                                        Met vuil voete en skoene het ek daaraan
                                                        gedink  hoe  ver  Jesus  gestap  en  mense
                                                        bedien het in Sy tyd hier op aarde. Ek het
                                                        opnuut besef dat bediening niks beteken
                                                        sonder liefde nie.  God vra ons: Wat beteken
                                                        dit om mense werklik lief te hê? God kyk na
                                                        die  gesindheid  van  ons  harte.  ‘n  Profes-
                                                        sionele  “performance”  sonder  liefde
                                                        beteken niks. ‘n Nederige, liefdevolle hart
                                                        is wat God vra (1 Kor 13). Dit is al wanneer
                                                        ons werklik in menselewens ‘n impak sal
                                                        maak!
                  Uitsig in Duque de Caxias
                                                        AAN GOD AL DIE EER!
   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12