HY LEEF... HY'T OPGESTAAN! | |
  |
![]() DIE SLAG VAN WATERLOO het uitgeloop op 'n dawerende oorwinning vir die hertog van Wellington. Die vermetele klein Fransman wat Europa platgetrap het en blykbaar alles kon regkry, was eindelik verslaan. Napoleon was op sy knieë. Dit was die grootste gebeurtenis in dekades. Londen moes die goeie tyding kry! Maar in daardie dae, voor die koms van telekommunikasie, was die enigste manier om die berig deur te gee deur middel van fakkels. In spanning het die mense van Engeland die horison dop-gehou vir die woorde wat oorwinning of neerlaag sou beteken. Wat hou die toekoms vir hulle in? Toe skielik is die spanning verbreek. Die tyding flits in letters van vuur: Wellington verslaan... Op daardie dramatiese oomblik dryf mistigheid tussen die opgewonde skare en die seine. Hul moed het gesink. Hoop het plek gemaak vir wanhoop. Kon dit waar wees? Londen het stil geword van teleurstelling. Maar dit het net 'n oomblik geduur. Die mis het verdwyn soos 'n gordyn wat oopgetrek word. 'n Oorverdowende triomfkreet het opgegaan van daardie skare wat 'n oomblik tevore moedeloos was. Nou kon hulle die volle boodskap lees: WELLINGTON VER-SLAAN NAPOLEON! Net meer as tweeduisend jaar gelede het die newels van wanhoop 'n klein groepie gelowiges omhul waar hulle staan aan die voet van 'n houtkruis. Al hulle verwagting was van hulle Leier wat nou daar hang tussen hemel en aarde. Hulle het gehoop dat Hy Sy Koninkryk sou oprig en op die troon van Dawid sou sit. Dan sou die heerskappy van sonde en smart beëindig wees. Die Koninkryk van God sou ingelui word! Maar dit het op teleurstelling uitgeloop. Toe hulle daardie Vrydag-middag opkyk na die kruis en hul Meester wat daar hang, kon hulle net een troostelose boodskap in die Iug lees: JESUS VERSLAAN... Nou is dit Sondagoggend. Hulle staan sprakeloos by die leë graf. Hulle hoor die stem van die hemelse boodskapper. "Hy is nie hier nie... Hy het opgestaan." Skielik was die newels weg. Die boodskap het in hul siele weerklink. Dit vind ook nou weerklank in óns harte: JESUS VERSLAAN SATAN! JESUS VERSLAAN DIE DOOD! "Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openbaring 1:18). En omdat Christus leef kan ons ook LEEF! |