HOE BEÏNVLOED "KOOKWATER" JOU? | |
  |
![]() Toe 'n jong vrou eendag by haar ma huil en moedeloos haar lewe beskryf asof sy net wil handdoek ingooi, neem haar ma haar sonder 'n woord kombuis toe. Daar neem sy drie kastrolle en vul elkeen met water. In die eerste een plaas sy 'n paar wortels, in die tweede 'n paar eiers en in die derde gemaalde koffiebone. Toe plaas sy dit op die stoof en laat dit kook... Twintig minute later skakel sy die plate af. Sy haal die wortels uit en plaas dit in 'n bakkie, toe die eiers, en laastens skink sy die heerlike geurige koffie in 'n fles. Sy vra haar dogter: "Wat sien jy?" "Wortels, eiers en koffie," antwoord haar dogter. Die ma laat haar toe aan die wortels voel. Dit was sag gekook. Sy dop die eier af en laat haar aan die klipharde eier voel. Daarna skink sy vir haar 'n heerlike, geurige koppie koffie en sê: “Elkeen van die drie produkte het dieselfde krisis deurstaan - "KOKENDE WATER" - maar elkeen het verskillend daarop gereageer. Die wortels is hard en onverbiddelik die water in, maar het swak en sag daaruit gekom. Die eier was broos en sag. Die dun dop het die vloeibare inhoud beskerm, maar die kookwater het die binnekant verhard. Die gemaalde koffiebone het uniek gereageer. In plaas daarvan dat dit verander het, het dit die kookwater waarin dit was, verander!” "Soos watter een is jy?" vra sy haar dogter. As krisisse en pyn aan jou deur klop, hoe reageer jy? Soos die eiers, die wortels of die koffiebone?" Baie mense swig onder die druk van krisisse en word kragteloos. Ander lyk oënskynlik nog net die-selfde van buite, maar binnekant is hulle kliphard. Sal dit nie wonderlik wees as ons soos die koffiebone kan reageer nie? Mag elkeen se lewe soos 'n geurige koppie koffie wees... Vra God om jou situasie te verander. Hy sal die krisis of moeilikheid NAMENS jou hanteer... - Oorgeneem |