DIE KRAG VAN DIE LIEFDE
  Die jong offisier van die Heilsleër het trane in sy oë gekry toe hy die drie mans voor hom sien. Hy was 'n mediese sendeling wat kort tevore in Indië aangekom het. Die Heilsleër was besig om hierdie spesifieke gebied oor te neem. Die drie mans het boeie aan hulle voete en hande gehad wat diep in hulle verrotte vleis ingevreet het. Die jong offisier het vir die wag gesê: “Maak asseblief hierdie drie mans se kettings los.”
“Dit is nie veilig nie,” was die wag se antwoord. “Hulle is gevaarlike misdadigers en melaats.”
“Ek sal verantwoordelikheid aanvaar, hulle ly al genoeg.” Hy strek toe sy hand uit, neem die sleutels, gaan op sy knieë en verwyder die voetkettings en die handboeie van die bloeiende hande en voete.
Omtrent twee weke later moes die jong offisier op 'n skeepsvaart gaan en sy vrou en kinders alleen agterlaat. Sy vrou het volhard met die oor-tuiging dat hulle in God se bewaring veilig was. Toe sy die volgende oggend na die voor-deur gaan, was sy verbaas om die drie misdadigers op die trap te sien. Een van die misdadigers sê toe: “Ons het geweet dat jou man weggaan. Ons het die hele nag hier kom lê om te sorg dat jy en die kinders veilig is.” Dit is hoe hierdie gevaarlike mans gereageer het op die barmhartigheid wat aan hulle betoon is!
- Oorgeneem

‘n Man was besig om sy tas te pak vir ‘n lang reis en vind toe nog ‘n klein ruimte daarin. Hy sê toe vir sy vriend: “Hier het ek nog plek vir ‘n padkaart, ‘n kompas, ‘n lamp, ‘n spieël, ‘n swaard, ‘n digbundel, ‘n teleskoop, ‘n aantal biografieë, ou briewe, ‘n liedereboek, en ‘n klein biblioteek van 66 boeke.”
“Onmoontlik!” sê sy vriend. “Hoe kry jy dit alles in dié beperkte ruimte ingepas?”
“Dis maklik, want die Bybel bevat al hierdie dinge!”
- William Barclay

Indeks     Index