LIEFDE WAT LYDING ABSORBEER
  'n Jong soldaat is in Engeland in 'n militêre hof skuldig bevind en ter dood veroordeel. Hy sou klokslag teen dagbreek tereg-gestel word. Sy verloofde het ure voor die klok moes lui in die toring opgeklim en haarself aan die reuse klepel vasgemaak. Toe die klok moes lui, het slegs gedempte klanke van die toring gekom en Oliver Cromwell wou weet waarom die klok nie lui nie. Sy soldate het ondersoek gaan instel en die jong verwonde vrou in die kloktoring gevind. Hulle het haar afgehaal en Cromwell was so beïndruk met haar gewil-ligheid om te ly ter wille van iemand wat sy liefgehad het, dat hy die jong soldaat vrygespreek en gesê het: “Daardie klok sal nie vandag lui nie!”
JESUS CHRISTUS IS AAN 'N KRUIS GESPYKER OMDAT HY ONS LIEFGEHAD HET MET 'N EWIGE LIEFDE!
- Joseph Sittler

Indeks     Index