ELKE DAG IS 'N DAG IN DIE WAGKAMER
  Ek het baie ure deurgebring in die wagkamer van die Intensiewe Sorgeenheid; gewag saam met angsbevange mense; geluister na ernstige vrae: Sal my man dit maak? Sal my kind ooit weer loop? Hoe leef 'n mens sonder jou lewensmaat van die afgelope 30 jaar?
Die wagkamer van die Intensiewe Sorgeenheid is anders as enige ander kamer in die wêreld. En die mense wat daar wag, is anders as ander. Hulle kan nooit genoeg vir mekaar doen nie. Niemand is onbeskof nie. Die skeiding van ras en klas ver-dwyn. 'n Persoon is eerstens 'n pá en dan 'n wit of 'n swart man. Die vullisverwyderaar het sy vrou net soveel lief as wat die univer-siteitsprofessor syne liefhet en almal verstaan dit. Elke persoon hou duim vas vir die ander.
In die Intensiewe Sorgeenheid verander die wêreld. Hoogmoed en huigelary verdwyn. Die heelal is gefokus op die geneesheer se volgende verslag. As dit maar net vordering sal toon. Almal weet die lewe gaan daaroor om iemand anders lief te hê.
Kon ons tog maar leer om só lief te hê omdat ons besef dat elke dag van ons lewe eintlik maar 'n dag in die wagkamer van die Intensiewe Sorgeenheid van die Ewigheid is!
- Wes Seeliger

Indeks     Index