WAT OOKAL DIE PRYS...
  'n Dame wat ons 'Stephanie' sal noem, het die eerste keer na Indië gereis as toeris met 100 dollar (ongeveer R1 000) in haar hand-ak. In Indië het sy gevoel sy moet die Evangelie aan soveel Tibetane as moontlik verkondig. En dit is wat sy die volgende 20 jaar gedoen het!

Haar Evangelisasiemateriaal was Christelike opnames en literatuur. Sy het van dorp tot dorp en van tempel tot tempel gereis en die Evangelie aan 'n groot aantal Boeddhiste-monnike verkondig.

Op 'n dag het sy 'n groot Tibetaanse kamp met 1 300 mense besoek. Die hoof van die Tibetaanse skool het twee stoele reggesit, een vir haar en een vir haar CD-speler.

Die oomblik toe sy die opnames begin speel, het 'n groep skoolkinders en ouer mense saamgedrom om te luister. Hulle het doodstil gesit en luister.

Af en toe het 'n kind gelag. Die hoof het gesê: “Hulle lag net omdat dit wat hulle hoor vir hulle so wonderlik is.” Hierdie mense het nog nooit voorheen die Evangelieboodskap gehoor nie!

Stephanie was só versigtig met haar geld dat sy dikwels nie geëet het nie sodat sy Skrifgedeeltes en opnames kon koop. In plaas daarvan om kos saam met haar te dra, was literatuur en CD's die belangrikste deel van haar bagasie!

Vra die Here om werkers soos sy op te rig, mense met toewyding wat bereid is om ten spyte van wat ook al die prys, God se Woord na alle mensegroepe te neem.

http://globalrecordings.net/en/1563

Indeks     Index