NIE SKAAM VIR SY KETTINGS NIE - ONESIFORUS - ROME - 65 N.C. | |
  |
Van waar hy tussen sy vriende sit, kyk die soldaat agterdogtig na die verwaarloosde man wat vasberade aangestap kom. Nadat die vreemdeling rondgekyk het, rus sy oë op die soldaat en baan hy sy weg na hulle tafel toe. Die soldaat kyk weg in die hoop dat die man sal verbyloop. “Verskoon my, menere,” sê die man. “Ek is op soek na 'n vriend. Hy is in die tronk. Ek wonder of u my kan help om hom te kry.” Saturus, 'n frisgeboude wag aan die soldaat se linkerkant, staan op. “Uitvaagsel! As hy in die tronk is, is hy 'n krimineel. As jy sy vriend is, is jy tien teen een ook 'n skurk. Loop eerder voordat ons jou arresteer en saam met jou vriend opsluit.” Saturus kan nogal intimiderend wees, selfs teenoor die ander soldate, maar die vreemdeling staan sy man. “My vriend is nie 'n misdadiger nie, Meneer. En as u my moet arresteer voordat u my na hom toe neem, dan moet dit so wees. Ek is gereed om te gaan.” Saturus staar die man aan, “As hy nie 'n krimineel is nie, wat soek hy in die tronk?” “Hy is 'n Christen,” antwoord die man. “Net soos ek.” Die soldate spring almal op behalwe die een wat die man eerste raakgesien het. “Weet jy dat ons jou hiervoor kan dood-maak?” vra een van die soldate. Die soldaat wat bly sit het, sit sy hand op die ander een se arm. “Ons wil nie moeilikheid hê nie,” sê hy. “Sê my, wat is jou vriend se naam?” “Paulus van Tarsus.” “Seun,” sê hy vir 'n jongeling wat eenkant sit. Die seun spring dadelik op aandag. “Vat hierdie man na die tronk naby die kaser-nes.” Hy kyk terug na die man. “En jou naam, Meneer?” “Onesiforus.” “Wel, Onesiforus, as ek jou ooit weer sien, sal ek jou self arresteer. Loop nou.” *** *** *** *** *** Nadat Onesiforus Paulus in die tronk bemoedig het en waar-skynlik ook sy teregstelling bygewoon het, is Onesiforus daar weg om leraar te word en het hy later biskop van die kerk in Colofon of Coronië geword. (Daar is onsekerheid hieroor. Dalk was dit twee name vir dieselfde plek, of dalk was hy terselfdertyd biskop van twee verskillende kerke). Van daar af het hy die Evangelie na Hellespontus geneem, en is vergesel deur Porfirius, waar-skynlik een van sy getroue gemeentelede. Teen hierdie tyd was Nero se opdrag om Christene dood te maak reeds van krag, en die goewerneur van die provinsie - 'n man met die naam Adrianus - het hulle twee laat martel en gésel. Toe hulle egter steeds weier om hulle Christenskap op te gee, het hy hulle aan wilde perde laat vasmaak en die diere los-gelaat. Hulle stukkende liggame is voortgesleep totdat hulle dood is. Mag die Here barmhartigheid bewys aan die huisgesin van Onesiforus, want hy het my dik-wels kom opbeur. Hy het hom nie daarvoor geskaam dat ek in boeie sit nie, maar toe hy in Rome kom, het hy ywerig na my gesoek tot hy my gekry het. Mag die Here gee dat hy by Hom ontferming vind op die dag dat Hy weer kom. En wat Onesiforus alles in Efese vir my gedoen het, weet jy self baie goed (Paulus in 2 Timoteus 1:16-18). [Uit: Fanaties vir Jesus, DC Talk en The Voice of the Martyrs, CUM, 2002]. |