'N KOMPAS VIR DIE LEWE |   |
"Die Bybel het my lewe heeltemal verander! Ek het voorheen niks van die Bybel geweet nie, maar sedert ek meer van die Bybel geleer het, het ek Jesus as my Verlosser aangeneem en Hom deel van my lewe gemaak." Aan die woord is Linomtha Thole, 'n graad 7-leerder van die Oos-Kaap. Linomtha het danksy die Bybelgenootskap se projek, Bybels vir graad 7-leerders, 'n Bybel ontvang. "Ek is ook baie bly dat ek die Bybel met my ouers, familie en vriende kan deel." Bernard Coetzee van Mpumalanga het ook in sy graad 7-jaar 'n Bybel ontvang. Hy sê die volgende oor die Bybel: "Die Bybel is vir my baie belangrik . Ek lees dit elke dag. Dit is die kompas vir my lewe. Dit help my in moeilike tye en dit lei my op die regte pad." Met hierdie projek wil die Bybel-genootskap verseker dat kinders aan die begin van hul tienerjare en in die lewensfase waar hulle maklik beïnvloed kan word, 'n Bybel het. Die Bybel se boodskap kan help met die vorming van 'n waardestelsel en dit bring hoop vir hulle toekoms. Jou bydrae sal help dat 'n kind 'n Bybel - die Kompas vir die Lewe - kan ontvang. [Die saaier, Herfs 2018, Jou Bybelhuis, Kempton Park, 011 970 4010]. |
![]() |